Die Mandrax-tablette, sakkies tik en 'n groot bedrag geld wat by 'n 58-jarige man tydens 'n voetpatrollie in Wolwerivier- informele nedersetting gekry is.
Die Mandrax-tablette, sakkies tik en ‘n groot bedrag geld wat by ‘n 58-jarige man tydens ‘n voetpatrollie in Wolwerivier- informele nedersetting gekry is. Foto: SAPD

Voetpatrollie lei tot dwelmvonds

Die Mandrax-tablette, sakkies tik en 'n groot bedrag geld wat by 'n 58-jarige man tydens 'n voetpatrollie in Wolwerivier- informele nedersetting gekry is.
Die Mandrax-tablette, sakkies tik en ‘n groot bedrag geld wat by ‘n 58-jarige man tydens ‘n voetpatrollie in Wolwerivier- informele nedersetting gekry is. Foto: SAPD

ATLANTIS – ‘n Patrollie te voet deur die Philadelphia-polisie het verlede Dinsdag (20 Oktober) tot die ontdekking van ‘n hoeveelheid dwelms en kontant by ‘n verdagte man in die Wolwerivier- informele nedersetting gelei.

Lede van die Philadelphia-polisie was op voetpatrollie in die nedersetting toe hulle ‘n verdagte man opgemerk het. Hulle het hom voorgekeer en deursoek, waarna hulle 95 mandrax-ablette, 100 sakkies tik en ‘n groot bedrag geld in sy besit gevind het.

Volgens Thembakazi Mpendukana, ‘n polisiewoordvoerder, is die 58-jarige man in hegtenis geneem en ‘n ondersoek na handel in dwelms word gedoen. Hy sal in die Atlantis-landdroshof verskyn sodra die akte van beskuldiging teen hom ingedien is.

Die polisie het die publiek aangemoedig om misdaad aan te meld en anonieme wenke deur te gee deur Crime Stop by 08600 10111 te kontak.

LEES OOK: Mense in Atlantis is ‘keelvol vir misdaad’

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 27 Oktober 2026
    WeskusNuus E-Edition – 27 Oktober 2026

Gift this article