ATLANTIS – Werksoekers, studente en jong mense wat hul loopbaanmoontlikhede wil verken, kry op Woensdag 2 September die geleentheid om potensiële werkge­wers by die Atlantis Career Expo 2026 te ontmoet.

Die loopbaanskou word deur die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asez) in samewerking met Atlantis City Mall aangebied.

Die geleentheid vind van 09:00 tot 14:00 by Atlantis City Mall plaas.

Volgens die organiseerders is die doel van die loopbaanskou om werksoekers regstreeks met vooraanstaande werkge­wers in verbinding te bring en hulle aan verskillende loopbaanrigtings en werksgeleenthede bloot te stel.

Studente, mense wat onlangs afstudeer het en werksoekers word genooi om die geleentheid by te woon. Besoekers kan met werkgewers gesels, meer oor verskillende bedrywe leer en hul professionele netwerke uitbrei.

Die geleentheid bied werksoekers ook die kans om meer uit te vind oor die vaardighede, kwalifikasies en ervaring wat in verskillende beroepe benodig word.

Vir jong mense wat nog onseker is oor hul loopbaankeuse, kan sulke gesprekke in lewende lywe insig gee in moontlike loopbaanpaaie en die vereistes vir toegang tot bepaalde beroepe.

Werksoekers wat die geleentheid bywoon, kan ook hul CV’s en verwante kwalifikasies saambring om voorbereid met moontlike werkgewers te gesels.

Die Atlantis Career Expo 2026 vind plaas op Woensdag 2 September van 09:00 tot 14:00 by Atlantis City Mall, Wesfleur Circle, Atlantis.

• Belangstellendes kan skills@atlantissez.co.za vir nog inligting kontak.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 25 August 2026
    WeskusNuus E-Edition – 25 August 2026

Gift this article