Tereska Kabuika, die nuutste o.20- Junior Springbok-vroue­rugbysensasie van Atlantis en die Mamre-rugbyklub, deel sop uit aan kinders van die Neptune Castle-woonstelle en Sun Road.

o.20-rugbyheld Tereske steel kinderharte

Tereska Kabuika, die nuutste o.20- Junior Springbok-vroue­rugbysensasie van Atlantis en die Mamre-rugbyklub, deel sop uit aan kinders van die Neptune Castle-woonstelle en Sun Road.

Vir Tereska Kabuika, die nuutste o.20- Junior Springbok-vrouerugbysensasie van Atlantis en die Mamre-rugbyklub staan sy nie net op die veld uit nie, maar ook in haar gemeenskap.

Kabuika het onlangs (Donderdag 20 Augustus) ná strawwe opleidingsessies in Stellenbosch die afgelope tyd, steeds tyd gemaak vir haar gemeenskap toe sy saam met Mamre-rugbyklub-bestuurslede en die gemeenskap van Atlantis sop aan kinders van die Neptune Castle-woonstelle en Sun Road uitgedeel het.

Die kindertjies het nie net die lekkerwarm sop geniet wat hulle van Kabuika ontvang het nie, maar ook haar teenwoordigheid omdat hulle haar onder­steun omdat sy eens ook soos hulle in die strate gespeel het.

Die geleentheid is moontlik gemaak deur familielede, vriende, die gemeen­skap en die Mamre-rugbyklub, wat net weer eens die omgee van ‘n gemeenskap bewys het.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 25 August 2026
    WeskusNuus E-Edition – 25 August 2026

Gift this article