Lede van die misdaadvoorkomingseenheid by die Atlantis-polisie het patrollie- werk gedoen toe hulle ‘n 15-jarige met ‘n onwettige vuurwapen betrap het. Foto: Atlantis-polisie

15-jarige met pistool vas

Lede van die misdaadvoorkomingseenheid by die Atlantis-polisie het patrollie- werk gedoen toe hulle ‘n 15-jarige met ‘n onwettige vuurwapen betrap het. Foto: Atlantis-polisie

Lede van die misdaadvoorkomingspan van die Atlantis-polisie het Sondagmiddag 5 April omstreeks 22:00 patrollies in Bunting Crescent, Atlantis, uitgevoer toe hulle ‘n verdagte met ‘n vuurwapen opgemerk het.

Volgens die polisie het die lede misdaadvoorkomingspatrollie in Bunting-singel gedoen toe hulle ‘n groep mense op die hoek opmerk. Toe die lede naderkom, het een op die vlug probeer slaan.

Een polisielid het die vlugtende agternagesit en hom weens ‘n 9-mm-pistool in sy besit in hegtenis geneem.

Die 15-jarige het op Dinsdag 7 April in die Atlantis-landdros­hof verskyn op aanklag van die onwettige besit van ‘n vuurwapen.

Kol. Mario Thyse van die Atlantis-polisie sê minderjariges word dikwels vir dwelmhandel, diefstal, die dra van onwettige vuurwapens en geweldsmisdade gebruik, wat langdurige traumatiese gevolge kan hê.

“Kinders word dikwels geteiken omdat hulle minder risiko dra om opgespoor te word en makliker manipuleerbaar is. Risikofaktore sluit in swak ouerskap, lae akademiese prestasie, betrokkenheid by bendes en blootstelling aan geweld.”

Hy sê behoorlike toesig deur ouers en vroeë ingryping binne die skoolstelsel kan die kans op betrokkenheid by misdaad verminder. Groter betrokkenheid by skoolaktiwiteite is ook ‘n teenvoeter.

INLAS: Die onwettige vuurwapen. Foto: SAPD
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 12 May 2026
    WeskusNuus E-Edition – 12 May 2026

Gift this article