Willem Petzer lewer sy toespraak tydens die CBCC sakekamer in Kroonstad se amptelike bekendstelling wat op Woensdag 21 Oktober plaasgevind het. FOTO: Verskaf
Willem Petzer lewer sy toespraak tydens die CBCC sakekamer in Kroonstad se amptelike bekendstelling wat op Woensdag 21 Oktober plaasgevind het. FOTO: Verskaf

Nuwe Christelike sakekamer gestig in Kroonstad

Willem Petzer lewer sy toespraak tydens die CBCC sakekamer in Kroonstad se amptelike bekendstelling wat op Woensdag 21 Oktober plaasgevind het. FOTO: Verskaf
Willem Petzer lewer sy toespraak tydens die CBCC sakekamer in Kroonstad se amptelike bekendstelling wat op Woensdag 21 Oktober plaasgevind het. FOTO: Verskaf

‘n Nuwe Christelike sakekamer is in Kroonstad gestig om plaaslike ondernemings te versterk, samewerking te bevorder en ‘n gesamentlike stem oor sake- en munisipale uitdagings te skep.

Die Christian Business Community Chamber (CBCC) het Woensdag 21 Oktober sy bekendstelling by die Arcadia-gastehuis in Kroonstad aangebied, waar sowat 70 sakemanne en -vroue byeengekom het.

Die bekende spreker Willem Petzer was die gasspreker by die geleentheid. Hy het die gehoor toegespreek oor die komende verkiesing, die moontlike impak daarvan op die sakewêreld en wat ondernemings vorentoe kan verwag. ‘n Vraag-en-antwoordsessie na sy toespraak het goeie deelname uitgelok en die geleentheid gebied om vrae te stel en standpunte te deel.

Simon Lues, voorsitter van die nuwe sakekamer, het die organisasie se ontstaan en toekomsplanne uitgelig.

Van idee tot werklikheid

Die idee vir die CBCC het op 20 Maart vanjaar ontstaan tydens ‘n voorlegging aan ‘n groep plaaslike sakemanne en -vroue. 11 Persone het hul bereidwilligheid uitgespreek om betrokke te raak en diens te lewer. Die aanvanklike groep het die grondslag vir die nuwe sakekamer gelê.

Die CBCC is ‘n Christelike, interkerklike organisasie wat nie aan ‘n bepaalde kerk of politieke party verbonde is nie. Sy grondslag berus op geloof in Christus, eerlike sakepraktyke en verantwoordelikheid. Die fokusgebied is Kroonstad en die groter Moqhaka-gebied.

Volgens Lues wil die organisasie ‘n praktiese bydrae tot die plaaslike ekonomie lewer deur ondernemings te ondersteun, samewerking te bevorder en uitdagings gesamentlik aan te pak.

Die nuwe CBCC-komitee saam met die gasspreker Willem Petzer tydens die bekendstelling van die Christian Business Community Chamber by die Arcadia-gastehuis in Kroonstad op Woensdag 21 Oktober. Van links is, Simon Lues (voorsitter), Jaco van der Walt (landbou), Dave Muller (finansies en onder-voorsitter), Bianca De Carvalho (sekretaresse), Willem Petzer (gaspspreker) en Victor de Beer (wetlike aspekte); afwesig: Juanley Hamel (media). Foto:Verskaf
Die nuwe CBCC-komitee saam met die gasspreker Willem Petzer tydens die bekendstelling van die Christian Business Community Chamber by die Arcadia-gastehuis in Kroonstad op Woensdag 21 Oktober. Van links is, Simon Lues (voorsitter), Jaco van der Walt (landbou), Dave Muller (finansies en onder-voorsitter), Bianca De Carvalho (sekretaresse), Willem Petzer (gaspspreker) en Victor de Beer (wetlike aspekte); afwesig: Juanley Hamel (media). FOTO: Verskaf

Stem vir munisipale sake

Die sakekamer wil ook ‘n georganiseerde stem wees wanneer munisipale dienste soos water, elektrisiteit en paaie nie aan die gemeenskap se behoeftes voldoen nie. Probleme sal gedokumenteer, met die betrokke rolspelers bespreek en skriftelik opgevolg word. Waar nodig, sal toepaslike wettige stappe oorweeg word.

Die nuwe komitee bestaan uit Simon Lues (voorsitter), Dave Muller (ondervoorsitter en finansies), Victor de Beer (wetlike aspekte), Bianca de Carvalho (sekretaresse), Jaunley Hamel (media) en Jaco van der Walt (landbou).

Die CBCC wil nou die aanvanklike belangstelling in ‘n sterk, georganiseerde sakegemeenskap omskep wat saamwerk aan Kroonstad en die groter Moqhaka-gebied se toekoms.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article