Inskrywing sluit môre, op 31 Julie. Die 25 topdeelnemers staan die kans om beurse, geldpryse en geskenke van sowat R500 000 te wen.
Matrikulante wat uitblink in akademie, kultuur, sport en leierskap, en wat beplan om volgende jaar aan die UV te studeer, word genooi om hulle in te skryf.
“Wat die kompetisie so belangrik maak, is dat ’n groep van Suid-Afrika se toekomstige leiers die kans kry om met mekaar om te gaan en waardevolle vaardighede te ontwikkel.”
“In ’n land met uiteenlopende uitdagings is hierdie kompetisie ‘n bevestiging vir jong mense dat hul agtergrond of omstandighede nie hul toekoms definieer nie.”
Op sy gradeplegtigheid is dié BRek-student aangewys as beste student in ’n driejaar-BA-graadkursus in die fakulteit vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.
Kom deel jou storie nooi die organiseerders van die Vrystaat Kunstefees. Die fees met opwindende produksies vind van 7 tot 11 Julie in Bloemfontein plaas.
‘n Opwindende nuwe reeks begin eersdaags op kykNET waar leerders wys hoe hul inspirerende wetenskapprojekte werk. Die Univeriteit van die Vrystaat borg die reeks van agt episodes.
Vier bekende onder wie die skrywer Ingrid Winterbach en die voormalige ambassadeur aan Amerika Sheila Sisulu ontvang in April eredoktorsgrade aan die Universiteit van die Vrystaat.