RIVERSDAL – Nuwe Hoofleiers vir 2027. Hoërskool Langenhoven se Erkenningsaand was ’n geleentheid waartydens akademiese uitnemendheid, toewyding en harde werk erken en gevier is. Leerders wat gedurende 2026 op verskeie terreine uitgeblink het, is vir hul prestasies vereer.
Die aand het ook die begin van ’n nuwe hoofstuk vir die skool ingelui. Die nuwe hoofleiers vir 2027 is bekendgemaak. Johan Janse van Rensburg is as hoofseun aangewys, terwyl Katryn Geldenhuÿs die rol van hoofdogter sal vervul. Die onderhoofleiers is Adriaan Coetzer en Mieke Aucamp.
Die koshuisleiers vir 2027 is ook aangekondig. Lachlan Domingo sal as hoofseun van Huis CJ Pauw dien, terwyl Milay Delport as hoofmeisie aangewys is.

Die nuwe leiers ontvang die verantwoordelikheid om die skool se waardes uit te leef en met integriteit, deernis en trots leiding te neem. Hulle sal ’n belangrike rol speel in die vorming van die skoolgemeenskap gedurende die komende jaar.
Die aand was nie net ’n viering van akademiese en persoonlike prestasies nie. Dit was ook ’n geleentheid om die mense agter die suksesverhale te erken en die toekomstige leiers van Dasseland te verwelkom. Die skoolgemeenskap sien met groot verwagting uit na wat die nuwe leierskapspan in 2027 sal bereik.
Hoërskool Langenhoven het sy trots uitgespreek aan alle leerders wat gedurende die jaar presteer het, asook die jong leiers wat nou die geleentheid kry om ’n blywende verskil te maak.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.