Vanderbijlpark – Maandagaand, 19 Oktober, was ’n besondere aand vir Hoërskool Driehoek, Vanderbijlpark, Gauteng. Vier jong leiers is aangewys om nie net die naam van hul skool hoog te hou nie, maar ook om die waardes, trots en tradisies van Driehoek deur hul leierskap uit te leef.

Met groot trots en opregte gelukwense kondig ons die Hoofleiers vir 2027 aan:

  • Brian van Vuuren – Hoofseun
  • Amy Slabbert – Hoofdogter
  • JC Scholtz – Onderhoofseun
  • Suné Palm – Onderhoofdogter

“Aan Brian, Amy, JC en Suné – vandag het daar vir julle ’n besondere reis begin. ’n Reis waarop julle nie net ander sal lei nie, maar ook self sal groei, leer en gevorm word. Ware leierskap lê nie in ’n titel nie. maar in die vermoë om ander op te hef, met nederigheid te dien en met moed besluite te neem.

Mag julle leierskap gekenmerk word deur integriteit, deernis, geloof en ’n onwrikbare trots op ons skool. Mag julle aan die einde van hierdie hoofstuk terugkyk en weet dat julle nie net ’n amp beklee het nie. Julle laat werklik ’n stukkie van julle harte in Driehoek agter.”

“Ons rig ook hartlike gelukwense aan die ouers en gesinne wat saam met hierdie vier jong leiers gedroom, ondersteun en gevorm het. Julle trots is ons trots.”

Dankie aan 2026‑Hoofleiers

“Terwyl die skool met opgewondenheid na ’n nuwe hoofstuk uitsien, staan ons ook vir ’n oomblik stil om dankie te sê aan die Hoofleiers van 2026:

  • Nickus Maritz (Hoofseun)
  • Alicia Cawood (Hoofdogter)
  • Waldo Coetzee (Onderhoofseun)
  • Xienanè Venter (Onderhoofdogter)”
Hoërskool Driehoek Hoofleiers 2027 | ’n Nuwe Hoofstuk Begin

“Dankie vir die ure wat julle afgestaan het en die verantwoordelikhede wat julle gedra het. Verder ook vir die oomblikke waarop julle moes opstaan en leiding neem. Julle laat nie bloot ’n posisie agter nie. julle laat ’n nalatenskap agter wat voortleef in die herinneringe van julle medeleerders. Ook die trots van julle onderwysers en die verhaal van Hoërskool Driehoek.”

’n Titel het ’n termyn. ’n Nalatenskap het geen vervaldatum nie.

Mag julle met trots terugkyk op die pad wat julle gestap het en weet dat julle ’n fondament gelê het waarop die volgende geslag leiers nou kan voortbou.

Hoërskool Driehoek se storie word geskryf deur sy mense en sy leiers. Mag elke nuwe hoofstuk met trots begin, met doelgerigtheid geleef word en met dankbaarheid onthou word.

https://www.hsdriehoek.com/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article