Hoërskool Punt kondig nuwe hoofleierspan vir 2027 aan
Carel Strydom-Hoofseun en Tawananyasha Bandason – hoofmeisie

Hoërskool Punt kondig nuwe hoofleiersspan vir 2027 aan


MOSSELBAAI – Nuwe hoofleiersspan vir 2027. Hoërskool Punt het onlangs hul nuwe hoofleiersspan vir 2027 aangekondig. Die aankondiging is met groot trots deur die skoolgemeenskap ontvang. Dit lui die begin van ’n nuwe era van diensbare leierskap in.

Die hoofleiers vir 2027 is Carel Strydom as hoofseun en Tawananyasha Bandason as hoofmeisie. Hulle sal bygestaan word deur die onderhoofleiers, BJ Schutte en Jana Pretorius.

Hoërskool Punt kondig nuwe hoofleierspan vir 2027 aan
BJ Schutte en Jana Pretorius

Hierdie vier leerders het hulself reeds onderskei deur hul betrokkenheid, verantwoordelikheidsin en positiewe invloed binne die skoolgemeenskap. As leiers sal hulle die taak hê om as rolmodelle op te tree. Hulle sal ook die mede-leerders inspireer en die waardes van Hoërskool Punt uitleef.

Leierskap by Hoërskool Punt behels veel meer as net ’n titel. Dit vra toewyding, integriteit en die vermoë om ander te dien. Die nuwe hoofleiers sal ’n belangrike rol speel in die bevordering van die skool se trotse tradisies en die skepping van ’n positiewe skoolkultuur.

“Die skool het sy gelukwense aan die nuwe leiers uitgespreek en vertroue uitgespreek dat hulle hul verantwoordelikhede met trots en entoesiasme sal aanpak.” Daar word uitgesien na die bydrae wat hulle gedurende 2027 tot die skool en sy leerders sal maak.”

Hoërskool Punt wens die nuwe hoofleiers alle voorspoed toe vir die jaar wat voorlê en is trots op die voorbeeld wat hulle reeds stel. Hulle aanstelling is ’n welverdiende erkenning vir hul harde werk en toewyding aan die skoolgemeenskap.

https://www.pointhighschool.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article