Hoërskool SPS Brandfort Leerderraad 2027 | ’n Nuwe generasie
Nardus Swanepoel en Candice Botha

Hoërskool SPS Brandfort Leerderraad 2027 | ’n Nuwe generasie


Brandfort – Hoërskool Staatspresident Swart stel met trots die Leerderraad vir 2027 bekend. Hierdie jong leiers is verkies om die waardes en tradisies van die skool met toewyding en integriteit uit te dra.

  • Hoofseun: Nandus Swanepoel
  • Hoofmeisie: Candice Botha
  • Onderhoofseun: Jano Jacobs
  • Onderhoofmeisie: Annie Fouché

Saam met die Leerlingraad en VRL vorm hulle ’n span wat die SPS‑gees met passie en verantwoordelikheid gaan uitdra.

Hoërskool SPS Brandfort Leerderraad 2027 | ’n Nuwe generasie
Onderhoofleiers Jano Jacobs en Annie Fouché
Hoërskool SPS Brandfort Leerderraad 2027 | ’n Nuwe generasie
SPS Brandfort hoofleiers en leerderraad 2027

Hoërskool SPS Brandfort is baie trots op elke leier en wens elkeen voorspoed toe met hierdie besondere voorreg en verantwoordelikheid. Mag julle leierskap gekenmerk word deur diensbaarheid, samewerking en ’n liefde vir ons skool.

Mag 2027 ook ’n jaar wees waarin julle nie net leiding neem nie, maar ook ander inspireer om saam te werk en die SPS‑trots met waardigheid uit te leef.

https://www.facebook.com/SPSBrandfort/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article