ROBERTSON – Hoofleiersspan vir 2027. Hoërskool Robertson het onlangs sy Hoofleiersspan vir 2027 bekend gemaak. Vier leerders het die voorreg ontvang om die skool volgende jaar in die hoogste leierskapsrolle te dien.

Die nuwe hoofleiersspan is:

  • Junaid Adendorff – Hoofseun
  • Dané Myburgh – Hoofmeisie
  • Johan-Zulch Möller – Onderhoofseun
  • Lelanie Schwartz – Onderhoofmeisi

Hierdie aanstellings volg op ’n deeglike keuringsproses. Leerders se karakter, verantwoordelikheid, diensbaarheid en vermoë om ander positief te beïnvloed is in aanmerking geneem. Die viertal sal as die gesigte van die skool ‘n baie belangrike rol speel. Hulle sal leerders inspireer, skooltrots bevorder en die waardes van Hoërskool Robertson uitleef.

Die nuwe leiers word vertrou om met integriteit en toewyding leiding te neem. Hulle sal as rolmodelle vir die jonger leerders optree. Hulle sal ook die skool by verskeie geleenthede verteenwoordig en help om ’n positiewe en ondersteunende skoolkultuur te versterk.

Die aankondiging van die 2027-hoofleiers is ’n besondere mylpaal vir die vier leerders. Dit is ook ’n bewys van die vertroue wat die skoolgemeenskap in hul vermoëns stel.

Met die skool se leuse om met trots te lei en die ROB-waardes daagliks uit te leef, word daar uitgesien na die bydrae wat hierdie dinamiese span in die komende jaar sal lewer.

“Hoërskool Robertson wens sy nuwe hoofleiers alle sukses toe met die verantwoordelikhede en uitdagings wat op hulle wag, en vertrou dat hulle die skool met onderskeiding sal dien.“

https://hoerskoolrobertson.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article