HUMANSDORP – Hoofleiers 2027. Hoërskool Nico Malan in Humansdorp het tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling die hoofleiers vir 2027 bekend gemaak. Dié aankondiging is met groot opgewondenheid deur leerders, personeel en ouers ontvang.

Die hoofleiers wat aangekondig is, is:

  • Kieran van Lill
  • Tessa Gerber
  • Stephan Ferreira
  • Mienke Smit

Kieran sal as voorsitter van Karakter en Dissipline dien. Tessa, sal die Kultuur- en Sosiale portefeulje lei. Stephan, sal verantwoordelik wees vir Sport en Gees. Mienke, sal die leiding neem van vir Uitreik en Omgee.

As deel van hul verantwoordelikhede as hoofleiers, sal hulle ook as voorsitters van die onderskeie komitees binne die Uitvoerende Komitee (UK) optree. In hierdie rolle sal hulle nie net leiding gee nie, maar ook help om projekte, aktiwiteite en inisiatiewe te koördineer wat tot voordeel van die skoolgemeenskap strek.

Die aanstelling van die hoofleiers is ‘n belangrike mylpaal in die skooljaar. Dit erken leerders wat deur hul harde werk, toewyding, karakter en voorbeeldige optrede bewys het dat hulle gereed is om groter verantwoordelikhede te aanvaar.

Die skool spreek sy vertroue uit dat die Uitvoerende Komitee van 2027 onder dié span se leiding ‘n positiewe bydrae sal lewer. Daar word uitgesien na nuwe idees, sterk leierskap en projekte wat die Nico Malan-gemeenskap verder sal versterk.

‘Hoërskool Nico Malan wens die nuwe hoofleiers alle sterkte toe met hul termyn en vertrou dat hulle hul pligte met trots, integriteit en entoesiasme sal vervul.’

Hulle dra nou die verantwoordelikheid om as rolmodelle op te tree en die waardes van die skool uit te leef.

https://www.nicomalan.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article