Uitenhage – Hoërskool Brandwag het met groot trots die Hoofleiers vir 2027 aangekondig. Hierdie jong leiers dra nie net die verantwoordelikheid om die Brandwag‑gees uit te leef nie, maar volg ook in die voetspore van ’n trotse tradisie van leierskap binne hul families.
- Hoofseun: Hannes Klopper
- Onderhoofseun: Tian Gerber
- Hoofmeisie: Igna Lötter
- Onderhoofmeisie: Chani Koen

Hierdie leierskapspan van Hoërskool Brandwag se geskiedenis is verweef met Brandwag se tradisie:
- Tian se ouer broer, Ewan Gerber, en Chani se suster, Marné Koen, was in 2025 onderskeidelik hoofseun en hoofmeisie.
- Igna se broers, Casper en Daniël Lötter, het ook met trots op die leerlingraad gedien.
- Hannes, die oudste in sy gesin, het ’n jonger broer in graad 9 wat sy voetspore volg.
Die leerders bring ook ’n ryk agtergrond van verskillende laerskole saam:
- Tian – Laerskool Frans Conradie
- Chani – Laerskool Sonop
- Hannes en Igna – Laerskool Handhaaf, albei koshuisinwoners uit die Karoo.
Hierdie aanstelling weerspieël nie net individuele prestasie nie, maar ook ’n voortgesette erfenis van diensbaarheid en toewyding.
“Hoërskool Brandwag glo dat ware leierskap gebou word op tradisie, integriteit en ’n hart vir diens. Baie geluk aan die hoofleiers van 2027 – mag julle met trots en visie leiding neem.”
https://www.brandwag.co.za/
Foto’s verskaf






You must be logged in to post a comment.