Hoërskool Transvalia Hoofleiers 2027 betree ’n nuwe era as leiers
Hoërskool Transvalia Hoofleiers 2027

Hoërskool Transvalia Hoofleiers 2027 betree ’n nuwe era as leiers


Vanderbijlpark – Hoërskool Transvalia vier met groot trots die aanstelling van die Hoofleiers vir 2027. Hierdie jong leiers dra die verantwoordelikheid om die waardes, tradisies en trots van VALIA met passie, wysheid en diensbaarheid uit te leef.

  • Hoofdogter: Quesna Fourie
  • Hoofseun: Divan Knoetze
  • Onderhoofdogter: Erika Herbst
  • Onderhoofseun: Chester McCamel
  • Sekretaresse: Ané Nieuwenhuizen
  • Tesourier: Aldo Fourie

Mag julle leierskap gekenmerk word deur integriteit, diensbaarheid, eenheid en ’n onwrikbare trots op ons skool. Ons vertrou dat julle VALIA se waardes met onderskeiding sal uitleef en ’n positiewe impak op die VALIA‑familie sal maak.

Lei met waardigheid, dien met liefde en bou ’n nalatenskap van trots en inspirasie.

https://www.hstransvalia.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article