Welkom Gimnasium vier met trots die aanstelling van die Skoolleiers vir 2027. Hierdie jong leiers dra die groot verantwoordelikheid om die waardes en tradisies van die skool met integriteit, wysheid en deursettingsvermoë uit te leef.
- Kaptein 2027: Xonnel Long
- Kaptein 2027: Matthew Venter
- Onderkaptein 2027: Kamva Mtebele
- Onderkaptein 2027: Tumelo Sekoere
Baie geluk aan elkeen van julle met hierdie besondere aanstelling. Mag julle met moed leiding neem, ander inspireer en die Gimmie‑gees met trots uitdra.



Die skoolgemeenskap wens julle alle sterkte en seën toe vir hierdie besondere taak. Mag julle altyd die skool se leuse uitleef: 𝐏𝐄𝐑𝐒𝐄𝐕𝐄𝐑𝐀 𝐄𝐓 𝐋𝐀𝐁𝐎𝐑𝐀 – Wees sterk, daar’s werk!
https://welkom-gimnasium.co.za/
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.