Polisie neem verdagtes in hegtenis in afsonderlike bendeverwante voorvalle

Misdaad | Crime
Misdaad | Crime

Polisie neem verdagtes in hegtenis in afsonderlike bendeverwante voorvalle


ATLANTIS – Die polisie het twee afsonderlike inhegtenisngemings die afgelope naweek uitgevoer nadat ’n vuurwapen en ammunisie tydens ’n huisdeursoeking gevind is en twee tieners by ’n hoërskool met ’n ongelisensieërde vuurwapen betrap is.

Volgens konst. Ndakhe Gwala, ‘n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, is ’n 29-jarige man van Atlantis Donderdag 27 Augustus in hegtenis geneem nadat polisielede op inligting oor vermeende bendeverwante aktiwiteite in Bosangerstraat, Robinvale, opgetree het.

Tydens ’n deursoeking omstreeks 06:20 is ’n vuurwapen met vyf rondtes ammunisie gevind. Die man is daarop in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van ’n verbode vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.

Die vuurwapen en vyf rondtes ammunisie wat tydens ’n polisiedeursoeking by ’n huis in Robinvale, Atlantis, gevind is.
Die vuurwapen en vyf rondtes ammunisie wat tydens ’n polisiedeursoeking by ’n huis in Robinvale, Atlantis, gevind is.

Hy sal na verwagting in die Atlantis-landdroshof verskyn sodra hy aangekla is.

In ’n afsonderlike voorval het lede van die Atlantis Misdaadvoorkomingseenheid Vrydag 28 Augustus twee tieners in hegtenis geneem nadat ’n ongelisensieerde vuurwapen by ’n hoërskool in Hermesrylaan gevind is.

Die polisie het die skoolterrein deursoek nadat hulle ’n wenk oor ’n vuurwapen ontvang het. Die vuurwapen is in ’n rugsak gevind, waarna twee verdagtes, onderskeidelik 16 en 18 jaar oud, in hegtenis geneem is.

Verdere ondersoek het volgens die polisie aan die lig gebring dat die vuurwapen aan ’n oorledene behoort het.

Die ongelisensieerde vuurwapen wat volgens die polisie in ’n rugsak by ’n hoërskool in Atlantis, gevind is.
Die ongelisensieerde vuurwapen wat volgens die polisie in ’n rugsak by ’n hoërskool in Hermesrylaan, Atlantis, gevind is.

Die SAPD doen ’n beroep op lede van die publiek om vuurwapens wat aan oorledenes behoort, by die polisie in te lewer.

“Hierdie onbeveiligde vuurwapens dra by tot die mees gruwelike misdade wat in gemeenskappe gepleeg word,” het die polisie gesê.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 25 August 2026
    WeskusNuus E-Edition – 25 August 2026

Gift this article