Young Hearts op die aanval in hul verloorstryd op die Grafkelder. Foto: David Rossouw

Relegasiestryd woed nog


Op ‘n koue Saterdagmiddag (die afgelope naweek op 22 Augus­tus) het Young Hearts en Saldanhabaai mekaar op die berugte Grafkelder in Pella getakel. Vriendskap was maar min tussen dié twee spanne te bespeur. Dit was hul laaste kragmeting vir 2026 in die Weskus-grootuitdaagbeker, met elke mi­nuut van elke aanslag wat getel het.

Hoewel Saldanhabaai die aanvalle gelei het, het die tuisspan eerste eerste punte aangeteken toe Louis Afrikaner deur die verdediging gebreek en Cole Lawrence gevoer het, wat agter die pale afgerond het. Tyrique Marais het die ekstra twee punte bygesit (telling 7-0). Saldanhabaai het die telling egter onmiddelik met ‘n strafskop tot 7-3 laat krimp.

Met hul agterlyn wat soos branders oor die veld gerol het, het Jenivan Cleophas skerp gebreek en Emile Booysen binne gevind vir ‘n drie onder die pale. Die doelskop was in die kol, wat Saldanha

10-7 laat voorloop het. Kort daarna het die Saldanhabaai-kaptein, Samuel Greyling, en sy manne die bal slim uitgespeel, wat tot Sinethemba Nkolomba se drie gelei het: 17-7 vir Saldanhabaai teen rustyd.

Vyf minute ná die hervatting van die tweede helfte het Feghon-Leigh Snyders die verdediging oopgesny en in die hoek gedruk (24-7). Hearts het teruggebyt toe Gilmore Solomons sy drie gedruk en Marais verdoel het (14-24).

Rooikaart

‘n Rooikaart het Young Hearts se kanse geknak om te presteer, wat die momentum weer na Saldanhabaai geswaai het. In die laaste vyf minute het Snyders die bonusdrie behaal en die wedstryd finaal met 31-14 afgesluit.

Atlantis het sy laaste wedstryd teen Gardens 21-19 gewen, maar dit was nie genoeg om die relegasie-spook te vermy nie. Dié span val dus terug na die Sone-afdeling vir 2027 – ‘n bitter pil vir Atlantis, wat jare lank geswoeg het om uit daardie afdeling te kom.

Hamlets het hul Superliga B-status gered met ‘n 42-36-oorwinning teen Hamediehs en net-net die valbyl vrygespring. Met die relegasiespook nouagter die rug, kan Hamlets na ‘n suksesvolle deelname in die Superliga B-­­ kompetisie in 2027 uitsien.

Mamre se Grootuitdaagbeker-drome is deur Abbotsdale Lillies gestop. Hulle het net-net daarin geslaag om Koringberg met 26-24 geklop, maar kry nog ‘n laaste kans om die seisoen op ‘n hoë noot teen Wesbank af te sluit.

Mamre se vrouespan het die tweede jaar in ‘n ry vir die Sanlam–Boland-Top-8 gekwalifiseer. Die span het onder die leiding van Jaco Oppelt en sy bestuurspan merkwaardig gegroei en mik nou vir die eindstryd.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 25 August 2026
    WeskusNuus E-Edition – 25 August 2026

Gift this article