Die Atlantis-gemeenskap het op Dinsdag 11 Augustus het die eerste keer die Goue Spele op die Wesfleurpark-stadion aangebied, waar meer as 100 goue oues (senior burgers) van die verskillende klubs in Atlantis aan die byeenkoms deelgeneem het.
Die deelnemers moes vooraf eers mediese inspeksies ondergaan, insluitend bloeddruk- en suikertoetse, om seker te maak hulle is gesond en gereed om aan die kompetisie deel te neem.
Die deelnemende spanne is met kort toesprake aan die publiek en aan die borge en betrokke organisasies by die byeenkoms voorgestel.
Voordat die byeenkoms begin het, is dit met ‘n gebed geopen en daarna die sing van die volkslied deur die Atlantis Blue Crane- senior klub en almal teenwoordig.
Die byeenkoms was van die eerste tot die laaste item uitdagend onder die atlete, maar dit was ook pret vir die deelnemers wat weer eens gewys het sport kan nie net gemeenskappe saambring nie, maar ook verenig.
Die deelnemers se ouderdomme het van 60 tot 80 jaar gewissel.
In die eendeloop het Alma September en Susan Engelbrecht uitgestaan, terwyl Sharon Thorpe, Minnie Mcbain en Eileen Christoffel hul vaardighede in die balaangee uitgestal het.
In die bal-aflos (ball relay) het Ann Cafer, Evelina Christoffels en Elmarie Stubbs ook uitgestaan, terwyl Rebecca Davids, Cuthburth Mukwesha en Theresa Carelse hul vernuf in die skop en aangee (kick and passing the ball) getoon het.
In die 100m-naelloop het die 70-jarige Martin de Villiers (Oom Diffie) weer eens sy spoed getoon en sy teenstaanders die hakskene gewys toe hy die afstand afgeblits het.
Ná die byeenkooms het De Villiers die deelnemnde klubs – Atlantis Blue Crane, Catholic Church Club, Health Walkers, Protea Park Seniors en Women on the Move (Ext 12) vir hul deelname aan die byeenkoms bedank. De Villiers het die department van maatskaplike dienste (Atlantis), die Atlantis-polisie, die Stad Kaapstad se afdeling vir sport en ontspanning, Radio Atlantis, Weskus Nuus, DJ Barnie Entertainment, Atlantis Neighbourhood Watch eb John Jacobs (Jingie), wat die byeenkoms vir die senior burgers moontlik gemaak het, bedank. “Sonder julle is dit nie moontlik nie en ons en my mensies waardeer dit opreg.”
Die deelnemers wat gekwalifiseer het, sal nou op 10 September op die Bluedowns-sportstadion aan die Metro-kampioenskap deelneem. Deelnemers wat hier kwalifiseer, sal die provinsiale span later vanjaar in Bloemfontein gaan verteenwoordig.





