ZF Mgcawu-rugbyliga | Kakamas en DFC spook dit uit in eindstryd

Keanu Julies, haker van die DFC,
Keanu Julies, haker van die DFC in Saterdag se ZF Mgcawu-half-eindstryd teen Dorp op die Eilandveld. By hom is speler van die wedstryd Walden Goede. FOTO: Nick Pretorius

ZF Mgcawu-rugbyliga | Kakamas en DFC spook dit uit in eindstryd

Keanu Julies, haker van die DFC,
Keanu Julies, haker van die DFC in Saterdag se ZF Mgcawu-half-eindstryd teen Dorp op die Eilandveld. By hom is speler van die wedstryd Walden Goede. FOTO: Nick Pretorius

Diรฉ naweek sal die Kakamas-rugbyklub en Defence Force Collegians (DFC) sake om die ZF Mgcawu-trofee uitspook.

Dit vind op Saterdag 5 September op die rugbyveld van die Hoรซrskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas plaas.

Die DFC het die een halfeindstryd op die Eilandveld teen Upington Dorp met 38 โ€“ 17 gewen, terwyl Kakamas die Sunwolves-rugbyklub op die HMO-veld maklik met 68 โ€“ 7 getroef het.

In die eerste helfte (met 7 โ€“ 7 teen rustyd) het Dorp goed in alle fasette van die spel meegeding. Hul agttal het goeie balbesit bewerkstellig, maar teen die DFC se rotsvaste verdediging kon Dorp se agterlyn nie die bresse slaan nie.

In die tweede helfte het Dorp se wiele afgekom toe die DFC se gevaarlike agterlyn die krane oopgedraai het om met vier skitter-drieรซ af te rond.

Savio Stevens, DFC-losskakel, het sy agterlyn met hope balbesit weggestuur om te gaan afrond. Die DFC se agttal het heeltemal die beheer van die wedstryd oorgeneem. Nรก nog twee drieรซ later in die wedstryd was Dorp behoorlik teen die toue en was die span se laaste bietjie veggees daarmee heen.

Walden Goede (DFC) is as speler van die wedstryd aangewys.

Puntemakers: DFC โ€“ Drieรซ: Cayden Daniels, Ricoman Titus, Jonathan van Schalkwyk, Jacquin Basson en Walden Goede. Doelskoppe: Savio Stevens (5) en een strafdoel. Dorp: Drieรซ: Zavier Swartz, Desmond Louw en Wilco Visagie. Doelskop: Wilco Visagie.

Kakamas behaal oorwinning

In die ander halfeindstryd het Kakamas geseรซvier. ‘n Sunwolves-speler is met ‘n rooikaart van die veld terwyl twee spelers van die tuisspan geelkaarte vir gevaarlike duikslae gekry het.

Puntemakers: Kakamas: Drieรซ โ€“ AJ Wiese (2), Herman Visser (2), Gustav Bester, Heyneke van der Heever, Jannes van der Heever, Jean Fourie, Pierre du Preez en Renier Fereirra. Doelskoppe: Connie de Jager (9). Sunwolves: Drie โ€“ Junior de Hark. Doelskop: Royston Isaaks.

LEES OOK: Upington United wen wedstryd nรก lang droogte

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article