Kakamas lig trofee in ZFM-eindstryd teen Defence Force Collegians

VREUGDE vir Kakamas rugbyklub! Dié span het die afgelope drie seisoene die ZFM-ligatrofee hul eie gemaak.
Vreugde vir Kakamas-rugbyklub. Dié span het die afgelope twee seisoene die ZFM-ligatrofee hul eie gemaak. FOTO: Nick Pretorius

Kakamas lig trofee in ZFM-eindstryd teen Defence Force Collegians

VREUGDE vir Kakamas rugbyklub! Dié span het die afgelope drie seisoene die ZFM-ligatrofee hul eie gemaak.
Vreugde vir Kakamas-rugbyklub. Dié span het die afgelope twee seisoene die ZFM-ligatrofee hul eie gemaak. FOTO: Nick Pretorius

Die Kakamas-rugbyklub het Saterdag in winderige toestande die ZF Mgcawu-liga-eindstryd vir die tweede agtereenvolgende keer gewen nadat hulle een van die beste spanne van vanjaar, die Defence Force Collegians (DFC), welverdiend met 24-5 geklop het.

Vreugde vir Kakamas-rugbyklub. Dié span het die afgelope twee seisoene die ZF Mcgawu-ligatrofee hul eie gemaak.
Vreugde vir Kakamas-rugbyklub. Dié span het die afgelope twee seisoene die ZF Mcgawu-ligatrofee hul eie gemaak. Kakamas het Saterdag die gedugte DFC-rugbyklub in Kakamas met 24-5 geklop. FOTO: Nick Pretorius

Weens die lastige wind wat voortdurend tydens dié wedstryd op die rugbyveld van die Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas gewaai het, is talle hanteerfoute aan albei kante begaan.

Die tuisspan het DFC vroeg onder baie druk geplaas en dit het in die tiende minuut ná volgehoue druk meegebring dat Heyneke van der Heever hul eerste drie kon druk.

Kort voor rustyd het Kakamas se Jean Fourie ná ‘n verwoede aanval deur die tuisspan se agttal oorgeduik. Connie de Jager, losskakel, het die maklike doelskop deur die pale gejaag en skielik was DFC op die agtervoet (12-0). Dit was ook die rustydtelling.

Hardlooprugby uitgestal

In die tiende minuut van die tweede helfte het Kakamas vroeg toegeslaan toe Heyneke van der Heever vir sy tweede drie oorgebars het ná nog ‘n verwoede stormloop op DFC se doellyn. En 20 minute later het die nommer-seweflank, Herman Visser, ‘n stukkie swak verdediging van DFC uitgebuit om 50m af te sit doellyn toe vir Kakamas se vierde drie. De Jager het met sy tweede doelskop geslaag (24-0) om die uitslag van die wedstryd bo alle twyfel te stel.

Ricoman Titus, binnesenter van DFC, maak van die minste geleenthede gebruik om aan te val.
Ricoman Titus, binnesenter van DFC, maak van die minste geleenthede gebruik om aan te val tydens Saterdag se wedstryd teen Kakamas in die ZFM-liga-eindstryd. FOTO: Nick Pretorius

Kort voor die einde van die wedstryd het DFC van sy kenmerkende hardlooprugby uitgestal. Die losskakel Savio Stevens het met ‘n pragtige individuele poging in die hoekie oorgeskuif vir sy span se enigste vyfpunter.

Kakamas het sy kanse goed benut. Hul verdediging het DFC se belowende aanvalle by tye gefnuik. DFC het talle hanteerfoute weens die lastige wind begaan. In die vaste fasette het hulle hul man teen die swaargewigte van Kakamas se voorhoede gestaan. Morné Kasper, kaptein van DFC, het sy hart vir sy span op die aanval en verdediging uitgespeel.

Vir Kakamas het Herman Visser uitgemunt. DFC se gereelde heelagter, Cayden Daniels, moes Saterdag op skrumskakel diens doen in die plek van die bestendige Phillip Green wat onlangs in die Griekwas o.21-span ingesluit is.

Vlak van deelname skuif op

DFC het met hul suksesvolle deelname aan die ZF Mcgawu-liga gekwalifiseer om volgende seisoen aan die Superliga-B deel te neem terwyl Kakamas met hul triomf na die Superliga-A afdeling opskuif.

Vanjaar se eindstryd het bewys dat Kakamas en DFC die twee beste spanne in die ZF Mcgawu-liga was.

Jonathan "Super" van Schalkwyk,
Jonathan “Super” van Schalkwyk, haastige linkervleuel van die DFC-rugbyklub, het Saterdag teen Kakamas in sy 100ste klubwedstryd gespeel. Super is bekend vir sy blitslopies langs die kantlyn. Hy het vanjaar talle prag-drieë vir DFC gedruk. FOTO: Nick Pretorius

Kakamas het Saterdag sowat 75% balbesit gehad, maar moes uiteindelik met die wentelling van 24-5 tevrede wees. Die wedstryd het ook sy drama opgelewer. Die skeidsregter, Anton du Toit, is by tye uitgejou deur die DFC-ondersteuners oor twyfelagtige beslissings waartydens van die DFC-spelers soms met laat en gevaarlike duikslae gelak was.

Daar was talle beserings aan albei kante wat ‘n aanduiding van ‘n brutale aanslag was. “Ons sal opstaan, ons wonde lek, en aanhou veg vir sukses volgende seisoen”, het ‘n DFC-spanbeampte ná die wedstryd gesê.

  • In 2024 het Kakamas en Upington Dorp die trofee gedeel.

LEES OOK: Griquas annihilate Lions in Currie Cup semi final

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article