ZFM-spanne hou eindstryd in visier met elke kragmeting op rugbyveld

Die Defence Force Collegians spook dit uit teen Harlequins. FOTO: Odette Kruger
Die Defence Force Collegians spook dit uit teen Harlequins. FOTO: Odette Kruger

ZFM-spanne hou eindstryd in visier met elke kragmeting op rugbyveld


Die Defence Force Collegians- (DFC) rugbyklub van Upington is tweede op die ZF Mgcawu-puntelys, wat gelei word deur Kakamas-rugbyklub.

Kakamas het op Saterdag 25 Julie die tuisspan, Sunwolves, op Kameelpark in Upington met 31 – 17 geklop en is verseker van ‘n halfeindstryd op sy tuisveld. DFC het sy liga-tweestryd teen Harlequins van Upington met 33 – 14 gewen en sal nou na alle waarskynlikheid te staan kom teen die wenner van die Harlequins-Sunwolves-wedstryd.

Op dié stadium lyk dit of Kakamas en DFC die spanne gaan wees wat in Kakamas die ZFM-liga-eindstryd sal uitspook.

Saterdag is DFC se vyf drieë gedruk deur Ricoman Titus, Savio Stevens, JD Goede, Sonwabile Nguwata en Elrique Louw. Stevens het met vier doelskoppe geslaag.

Die Harlekyne se Rudo Kella en Loyiso Spiegel het afgerond en John-Dré Rooi het albei drieë verdoel.

Op Kameelpark het Kakamas vyf drieë gedruk – AJ Wiese (2), Victor Hugo, Marco Beyl en Francois Pienaar. Heyneke van der Heever (2) en Danie Koortzen (1) het met die doelskoppe geslaag.

Vir Sunwolves het sy binnesenter Diaan Jacobs twee skitterdrieë gedruk, wat albei deur losskakel Royston Isaaks gekroon is. Isaaks het ook ‘n strafdoel behaal.

Defence Force Collegians en Harlequins spook dit uit op die veld.
Defence Force Collegians en Harlequins spook dit uit op die veld. FOTO: Odette Kruger
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article