Savio Stevens, 19-jarige belowende losskakel van DFC
Savio Stevens, 19-jarige belowende losskakel van DFC het Saterdag 18 van sy span se punte teen Sunwolves aangeteken. DFC het met 33-14 gewen. FOTO: Nick Pretorius

Defence Force Collegians en Sunwolves deur na halfeindronde

Savio Stevens, 19-jarige belowende losskakel van DFC
Savio Stevens, 19-jarige belowende losskakel van DFC het Saterdag 18 van sy span se punte teen Sunwolves aangeteken. DFC het met 33-14 gewen. FOTO: Nick Pretorius

Die rugbyspanne van Defence Force Collegians (DFC) en Sunwolves het Saterdag ná hul ZF Mcgawu-liga-kragmeting op die Eilandveld na eerskomende Saterdag se halfeindstryde deurgedring.

DFC het Sunwolves met 34-14 ʼn pakslae gegee in ‘n wedstryd wat in ‘n mate aan die verwagtinge voldoen het.

Collegians meet volgende kragte met Upington Dorp op die Eilandveld in Upington en die span van Sunwolves het ‘n afspraak met die nommer een span in die ZF Mgcawu-liga, Kakamas-rugbyklub, in Kakamas. Twee opwindende en taai halfeinstryde word verwag.

Volgens ‘n woordvoerder van die liga gaan albei wedstryde om 15:00 afskop sodat die spelers die geleentheid het om die tweede Greatest Rivalry-toets tussen die Springbokke en die All Blacks op die DHL-stadion in Kaapstad op TV te kyk.

Gunsteling vir gesogte ZFM-trofee

Kakamas-klub is onoorwonne en is die gunsteling om weereens met die gesogte ZFM-trofee weg te stap. In dié stadium is al vier spanne goed voorberei en gretig om die bul by die horings te pak.

Veral die tweestryd tussen DFC en Dorp beloof om ʼn titaniese stryd te wees. Sunwolves wat vanjaar gemengde welslae behaal het, gaan Saterdag tot die uiterste beproef word in die vaste fasette. Nog nie een span in die kompetisie kon Kakamas se massiewe pak voorspelers oorheers nie, behalwe die puik span van Kathu wat hulle op die Eilandveld ore aangesit het.

Die kragmeting tussen DFC en Sunwolves het goeie en harde rugby opgelewer. DFC se plofbare samespel tussen voor-en agterspelers wat spoed en vernuf vertoon, is die span se kenmerkende arsenaal.

In ‘n onlangse kragmeting met Kakamas op die Eilandveld het DFC byna die kaiings uit die vuur gekrap met ‘n vertoning van hardlooprugby uit die boonste rakke. Kakamas was gelukkig om naelskraap met 33-31 te wen.

DFC se jong belowende losskakel Savio Stevens het 18 punte (twee drieë en vier doelskoppe) aangeteken.

Puntemakers

DFC: Drieë – Savio Stevens (2), Lamla Windvogel, Sonwabile Nguwatu en Super van Schalkwyk. Doelskoppe: Savio Stevens (4).

Sunwolves: Drieë – Royston Isaaks en Lionel Abrahams. Doelskoppe: Royston Isaaks (2). Speler van die Wedstryd: Morné “Big Mox” Block (DFC).

LEES OOK: Upington United wen wedstryd ná lang droogte

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article