Stille steunpilaar en bedrewe krieketspeler van Upington se lewe gedenk

Wyle Cicel Feris van Upington, alombekend as Buksie.
Cicel Feris, alombekend as Buksie. FOTO: Verskaf

Stille steunpilaar en bedrewe krieketspeler van Upington se lewe gedenk


UPINGTON Cicel Leonardo Feris, alombekend as Buksie, se lewe en dood is op Donderdag 30 Julie op gepaste en waardige wyse deur familie en vriende in die Sewende Dag Adventiste-kerk in Upington gevier.

Feris (53) was die tweede jongste seun van wyle Bennie en Hendriena Feris van Upington.

Stil en rustig soos hy was, het hy heengegaan op 23 Julie by sy huis in Valancia Singel, Lemoendraai.

Buksie het aan die Hoërskool Carlton van Heerden matrikuleer. Hy was ‘n bedrewe en geesdriftige krieketspeler. Ook ‘n man met min woorde, wie se teenwoordigheid ‘n mens kon aanvoel wanneer hy saam met familie of vriende gesellig verkeer het.

Feris was ‘n elektrisiën en bekend in sy dorp en die Noord-Kaap. Hy het 22 jaar lank vir die plaaslike munisipaliteit gewerk en daarna sy ervaring en vernuf as elektrisiën 13 jaar lank by Eskom verder geslyp.

Sy vrou, Caroleen (49), het haar man as ‘n “steunpilaar en held” in hul gesin beskryf in ‘n roerende terugblik op sy lewe as eggenote, pa, oom, oupa en vriend in die kerk.

In ‘n laaste eerbetoon in die kerk het Caroleen met dié woorde afgesluit: “Miss me a little, but not for long, and not with your head bowed low. Remember the love we once shared, miss me, but let me go.

“Hy was my wêreld,” het sy hom beskryf.

“Buksie was ‘n getroue werknemer en hy moes dikwels na onbekende en moeilike terreine reis om kragonderbrekings te gaan herstel,” het kol. Eugene van Kradenburg op ‘n troosdiensgeleentheid gesê.

‘n Private verassing het verlede week plaasgevind.

Feris word oorleef deur sy vrou, dogter

Darrhen Bezuidenhoudt (24), skoonseun Monré Bezuidenhoudt (26), asook Brad-Leigh Feris (26), Leonardo Feris (19) en Luke Feris (14). Hy laat ook vyf susters en vier broers na.

LEES OOK: Raadslid van Hopetown se afsterwe word wyd betreur

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article