PORT NOLLOTH – ‘n Jong Noord-Kaapse ma van twee is verlede naweek op pad van Port Nolloth onderweg na Alexanderbaai waar sy gewoon het, in ‘n motorongeluk oorlede.
Die 24-jarige Sydney Havana Feris was die bestuurder van die voertuig waarin haar lewensmaat, Gershwin Engelbrecht (31), en hul twee kinders Zarah (3) en Cody (3 maande) die passasiers was. Volgens inligting het die ongeluk op Sondag 26 April gebeur nadat ‘n band van hul voertuig vermoedelik gebars het.
Gershwin, ‘n finansiële bestuurder by Alexkor in Kleinsee, het ligte kopbeserings opgedoen en die twee kinders is ongedeerd.
Sydney is ‘n oud-leerder aan die Hoërskool Upington en het in 2019 matrikuleer. Sy was ‘n briljante danseres van die Nastassia Zealand-dansskool in Upington. Die skool het met skok kennis geneem van haar dood.
Nastassia Zealand skryf in haar WhatsApp-boodskap: “Sydney was a vibrant, energetic and passionate dancer. She was very loyal to her team members. She diligently came to class and didn’t like being late. With the Nastassia Zealand Dance School she entertained many at all kinds of events. She was always doing our makeup and loved spending time with us, her dance family. She could do any genre and perform it with excellence. Sydney finishes dance school as a South African Champion and was chosen to dance in Los Angeles, USA, in 2019. She was looked up to at dance and inspired many to join our dance group”.
Sydney was die tweede oudste dogter van Collin en Maxine Feris van Upington. Sy laat haar ouers, twee kinders, twee sussies, haar lewensmaat en ‘n breë familie-en vriendekring agter.
Haar begrafnis vind op Saterdag 9 Mei vanuit die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) in Upington plaas.
LEES OOK: Twee vriendinne, ongebore baba sterf saam ná voertuig pad verlaat





