UPINGTON – Manie de Wee (57), bekende en beminde saksofoonspeler van Louisvaleweg, is onlangs by sy huis oorlede.
Volgens sy vrou, Linda (54), is hy op Woensdag 29 April omstreeks 05:00 in die slaapkamer aan ‘n “massiewe hartaanval” oorlede.
Marthinus Hermanus de Wee was vir die afgelope 13 jaar ‘n toegewyde wiskunde-onderwyser by die Laerskool Oranje-Oewer. Hy sou vanjaar uit die onderwys getree het.
Manie of “Mr Moonshine”, soos die gemeenskap hierdie nederige man geken het, het veral bekendheid verwerf as ‘n briljante saksofoonspeler van formaat wat by troues, begrafnisse en sosiale partytjies opgetree het.
“Sy dood het as ‘n groot skok vir ons gemeenskap gekom. Manie se stem en sy musiek is nou stil, maar hy sal vir altyd in ons harte wees”, sรช sy vrou.
Linda is soos haar man ook in die onderwys. Sy is vir die afgelope nege jaar by die Primรชre Skool Simbrรผner betrokke.
Op Oranje-Oewer Facebook-blad skryf personeel: “It is with great sadness that we announce the passing of our colleague Manie de Wee, a valued kind soul and a friend to many. You will be deeply missed and never forgotten”.
Die ontslapene laat sy vrou, ‘n broer en ses susters agter. Hy word ook oorleef deur sy drie seuns, Fabian (34), Marlon (28) en Francois (18), asook twee kleinseuns, Calem en Cabian.
Hy word Saterdag 9 Mei vanuit die Lutherse gemeente in Louisvaleweg ter aarde bestel.

LEES OOK: Jong ma van twee oorlede in motorongeluk nรก voertuigband glo bars





You must be logged in to post a comment.