Motsepe Foundation-liga | Veglus red nie tuisspan op Dicky Jacobs-stadion nie

Upington City
Upington City en Cape Town City in die Dicky Jacobs-stadion in Upington. FOTO: Nick Pretorius

Gulde geleenthede vir doele by ongeveer ses geleenthede om Cape Town City weg te sit, is op Sondagmiddag 12 April in die Dicky Jacobs-stadion deur Upington City verbrou.

Die besoekers het die tuisspan met 2 – 0 geklop. Met die omdraaislag en die son direk in hul oë het Upington City hard teruggeveg om die agterstand uit te wis. Oorgretigheid en swak oordeel het die span egter in die steek gelaat.

Cape Town City was meestal op die agtervoete en in die tweede helfte op die verdediging ingestel. Hulle moes baie hard werk om die tuisspan van hul doelhok weg te hou.

LEES OOK: Doele, drama en aksie by Cornald Mouers-sokkertoernooi in Upington

Upington City is sesde op die Motsepe Foundation Championship-liga, met 36 ligapunte. Die span het sover 10 van sy 24 wedstryde gewen; 8 is verloor; en 6 het gelykop geëindig.

Die ander plaaslike span, Hungry Lions, is op 43 punte in die gesamentlike tweede plek, saam met Cape Town City.

Kruger United van Mpumalanga is eerste op die puntelys van die Motsepe-liga.

Hlumelo Mandla, middelveldspeler van Upington City, dribbel die bal in die rigting van Cape Town City se doelhok in Sondag se kragmeting tussen dié twee spanne in die Motsepe Foundation-kampioenskapsliga.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article