Doele, drama en aksie by Cornald Mouers-sokkertoernooi in Upington

Kyle Peters, kaptein en doelwagter van Dawid Kruiper United, lig die wentrofee nadat hulle Rosedale United oortuigend met 5-2 verslaan het tydens die afgelope Cornald Mouers-toernooi in Upington. FOTO: Nick Pretorius
Kyle Peters, kaptein van Dawid Kruiper United, lig die wentrofee. FOTO: Nick Pretorius

Die elftal van Dawid Kruiper United (DKU) het Maandagaand voor ‘n groot skare in die Dicky Jacobs-stadion in Upington die Cornald Mouers-sokkertoernooi, wat van 3 tot 6 April plaasgevind het, gewen.

In die eindstryd het DKU die span van Rosedale United oortuigend met 5-2 verslaan nadat hulle rustyd reeds ‘n gerieflike voorsprong van 3-1 gehad het. DKU se span is uit spelers van die Kaap, Gauteng en Kakamas saamgestel.

Cornald Mouers-sokkertoernooi
Wyle Cornald Mouers, na wie die Paasnaweek-sokkertoernooi vernoem is se moeder Lena Mouers, oorhandig die wentrofee aan die kaptein en doelwagter van Dawid Kruiper United, Kyle Peters. FOTO: Nick Pretorius

Die wenspan, gelaai met ervare spelers wat gereeld in die Motsepe-reeks speel, was een te veel vir Rosedale United wat nooit gaan lรช het nie. ‘n Algemene gevoel onder die toeskouers was juis dat DKU ongetwyfeld die gunsteling was om die titel te wen.

Cornald Mouers-sokkertoernooi
Die beste span tydens die Cornald Mouers-toernooi – Dawid Kruiper United wat die gedugte span van Tornado in die kwarteindstryd naelskraap met 1-0 getroef het.

Die twee doele wat die tuisspan se Ricardo Aron aangeteken het, was juwele. Vir DKU het Ashley Nel (2), Ronnie Matthys, Thato Mphelka en M. Khenzo doele geskiet. Ricardo is aangewys as die beste doelskieter met vyf van die bestes van die toernooi. Rosedale United se Matthewin Januarie (21) is doelwagter van die toernooi, en Ronnie van DKU speler van die toernooi.

Die kwarteindstryd tussen Tornado en DKU is allerweรซ beskou as ‘n soort eindstryd omdat diรฉ twee spanne eintlik die beste was van 24 spanne wat die afgelope Paasnaweek aan diรฉ prestige-toernooi deelgeneem het.

Cornald Mouers-sokkertoernooi
Tornados was een van die beste spanne van die Cornald Mouers-toernooi. Diรฉ span het met 0-1 teen Dawid Kruiper United in die kwarteindstryd vasgeval.

Duisende woon toernooi by

Bykans 28 000 mense het die toernooi tydens die vier dae bygewoon wat ‘n duidelike bewys is dat sokker in hierdie geweste baie gewild geword het, en dat die toernooi steeds elke jaar net groter en beter word.

Aan drama, terugslae en opwinding het dit nie ook nie by die toernooi ontbreek nie. Somtyds het die gemoedere vlam gevat tussen spelers, skeidsregters en spanbeamptes wat bygedra het tot ‘n toernooi vol emosies en hoรซ drama.

“Dit is maar hoe dit gaan by sulke groot toernooie,” sรช ‘n toernooi-beampte.

  • Kwarteindstryd-uitslae: Black Cats (1), Black Pools (0); DKU (1), Tornado (0); Amalauws (2), Rosedale Warriors (0); Rosedale United (3), Mรดrestรชr Jeug (2).
  • Halfeindstryd: Rosedale United (1), Amalauws (0); DKU (2), Black Cats (0).
Cornald Mouers-sokkertoernooi
Amapiona-sokkerklub was een van 24 spanne wat aan die Cornald Mouers-sokkertoernooi deelgeneem het. Diรฉ span was baie gewild onder die duisende toeskouers en het met baie goeie spel vorendag gekom. Hulle het die John Webb-elftal oortuigend met 3-1 geklop.

LEES OOK: Groblershoop se sokkerspan troef gietende reรซn in jaarlikse toernooi

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article