ADVERTEERDERSNUUS | By Mugg & Bean Mediclinic Gariep is elkeen tuis

Mugg & Bean Mediclinic Gariep is ‘n gerieflike restaurant in ‘n stil omgewing. FOTO’S: Verskaf

ADVERTEERDERSNUUS | By Mugg & Bean Mediclinic Gariep is elkeen tuis

Mugg & Bean Mediclinic Gariep is ‘n gerieflike restaurant in ‘n stil omgewing. FOTO’S: Verskaf

KIMBERLEY – Met die opening van ‘n volwaardige Mugg & Bean in die Mediclinic Gariep in Kimberley het ‘n besoek aan diรฉ hospitaal ‘n ander dimensie aangeneem.

Mugg & Bean Mediclinic Gariep het op Donderdag 3 September amptelik geopen. Dit is die tweede Mugg & Bean in Suid-Afrika om in ‘n Mediclinic oop te maak, en die eerste in ‘n Mediclinic in die Noord-Kaap en Vrystaat.

'n Vriendelike Mugg & Bean-span is gereed om besoekers te ontvang.
‘n Vriendelike Mugg & Bean-span is gereed om besoekers te ontvang. FOTO’S: Verskaf

Diรฉ verrykende toevoeging tot die hospitaalomgewing beteken meer as net die beskikbaarheid van ‘n gerieflike restaurant waar Mugg & Bean se staatmakerspyskaart met onder meer topgehalte-koffie, varsgebakte lekkernye en gesonde etes in ‘n stylvolle agtergrond voorgesit word.

Mugg & Bean Mediclinic Gariep is ‘n ideale plek vir familie en vriende om tydens ‘n hospitaalbesoek of wagtydperk vir mediese toetsing asem te skep sonder dat dit nodig is om die hospitaalterrein te verlaat.

Boonop, omdat Mugg & Bean Mediclinic in ‘n veilige omgewing met volop parkering geleรซ is, is dit ‘n ideale bymekaarkomplek vir ouer persone of vroue wat rustig, sonder die bedrywighede van ‘n winkelsentrum om hulle, wil kuier โ€“ hetsy dit vir ‘n vroeรซ ontbyt of ‘n vroeรซ aandete is, of ‘n rustige kuier op weeksdae of oor naweke.

Mugg & Bean Mediclinic Gariep is nou amptelik oop, en kan op weeksdae van 07:00 tot 19:45 en naweke van 08:00 tot 18:45 besoek word.
Mugg & Bean Mediclinic Gariep is nou amptelik oop, en kan op weeksdae van 07:00 tot 19:45 en naweke van 08:00 tot 18:45 besoek word.

Bekende spyskaart, met wegneemetes

“Die spyskaart by Mugg & Bean Mediclinic Gariep stem grootliks met diรฉ by die ander takke ooreen โ€“ sonder die Hearty & Generous-afdeling โ€“ en sluit ook ‘n On the Move-element met gerieflike keuses vir wegneemetes in,” sรช dr. Alf Bennett, eienaar.

Benewens die restaurant-gedeelte met 36 sitplekke het Mugg & Bean Mediclinic Gariep ook ‘n kiosk waar onder meer lekkergoed, koeldrank, water en ander snoepgoed, asook geskenke en benodigdhede soos seep, sjampoe, tandeborsels en tandepaste, gekoop kan word.

‘n Trolliediens word in die hospitaalsale aangebied.

Die vestiging van diรฉ restaurant het tot ongeveer 15 nuwe werksgeleenthede gelei.

  • Besoek Mugg & Bean Mediclinic Gariep op weeksdae van 07:00 tot 19:45 en naweke van 08:00 tot 18:45.
Eienaars, dr. Alf Bennett en sy vrou, Rolene, met die opening van Mugg & Bean Mediclinic Gariep.
Eienaars, dr. Alf Bennett en sy vrou, Rolene, met die opening van Mugg & Bean Mediclinic Gariep.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article