Kimberley se historiese trem gaan glo weer in werking gestel word.
Gaan planne vir Kimberley se trem op spoor bly? FOTO: Helena Barnard / 2019

Kimberley se historiese trem ry weer in Desember, as planne nie ontspoor


In wat beskryf word as ” ‘n beslissende ingryping” is die vertragings wat die inwerkingstelling van die bekende historiese trem van Kimberley verhoed het, uit die weg geruim. Die trem sal glo teen die einde van vanjaar weer in gebruik wees.

Diรฉ vertragings weens verkrygingsprosesse is iets van die verlede en ‘n professionele konsultasiespan is aangestel wat die weg baan vir die uitvoering van die konstruksie- en restourasiefase om diรฉ trem weer op spoor te kry.

Die trem in 2019 op sy spoor by die Kimberley Mynmuseum. FOTO: Helena Barnard

Sรณ het die burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, Martha Bartlett, op 29 Junie in haar begrotingsrede vir 2026-’27 gesรช.

“Die Kimberley-trem is meer as net ‘n historiese vervoermiddel; dit is ‘n gekoesterde simbool van ons stad se ryk erfenis en ‘n belangrike bate met die potensiaal om toerisme te bevorder, ekonomiese aktiwiteit te stimuleer en Kimberley se unieke geskiedenis te vier,” het sy ook gesรช.

Dit is reeds vir talle jare buite werking weens tegniese agteruitgang en verouderde infrastruktuur, en staan tans onder ‘n skadunet toegemaak.

“Die munisipaliteit het die strategiese waarde van diรฉ erfenistoerisme-aantreklikheid erken en het voorkeur aan die herstel en modernisering van die trem gegee as deel van ons omvattende program om die middestad te laat herleef, toerisme te bevorder en die plaaslike ekonomie te versterk,” sรช Bartlett.

Nรก ‘n omvattende tegniese waardering het die munisipaliteit die noodsaaklikste opknappings aan infrastruktuur identifiseer om die trem veilig tot volle bedryfstatus te herstel. Dit sluit in die rehabilitasie van die tremspoor- en spoorinfrastruktuur, opknapping van die elektriese substasie, vervanging en opgradering van die oorhoofse kragtoevoerlyne, en restourasie van die trem self.

“Hierdie ingrypings sal aan alle toepaslike nasionale veiligheidstandaarde voldoen, terwyl die egtheid van hierdie belangrike erfenisbate behoue โ€‹โ€‹bly,” aldus die burgemeester.

Tremrit ‘n belewenis

‘n Tremspoornetwerk vir pendeldoeleindes was vir dekades in die Kimberley van ouds aktief, en ‘n erfenis-tremspoorlyn is in die tagtigerjare geopen. Met diรฉ trem, wat blykbaar in 1905 gebou is, kon besoekers vanaf die Kimberley-mynmuseum, op Tuckerstraat, langs North Circular-weg, na Pniel- en Markstraat tot by die ou markplein ry.

Kimberley se historiese trem gaan glo weer in werking gestel word.
Dit is talle jare dat die trem glad nie meer in gebruik is nie. FOTO: Helena Barnard

Dit was ‘n belewenis met die klok wat waarskuwend lui wanneer die trem op pad is; voertuie wat moes plek maak vir die trem; en dan die vreemdheid van die bankies se rugleunings wat net anderkant toe oorslaan met die omdraaislag.

Toeriste en plaaslike inwoners het dit graag deel van hul uitstappie na die Groot Gat gemaak.

‘Inwerkstelling teen Desember haalbaar’

Weens veranderinge in die middestadgebied sal die volle tremroete nie gebruik word nie, wat op navraag deur die munisipaliteit bevestig is. Op verdere navraag is ook gesรช dat die gebied waardeur die beskikbare deel van die tremspoor strek, en wat tans onooglik is, met onder meer straatmeubels en plaveisels verfraai sal word.

Omdat die trem stadig ry en ‘n oop voertuig is, sal tremveiligheid- en munisipale vredesbeamptes aangestel word, sรช die munisipaliteit. Hulle sal op die trem en by spesifieke punte ontplooi word. ‘n Trembestuurder en twee assistente sal ook op die trem diens doen.

Die munisipaliteit sรช op grond van die ingenieurskonsultante se beoordeling is die inwerkingstelling van die trem teen Desember haalbaar.

‘Drastiese opknapping nodig’

Twyfel bestaan egter hieroor in kringe buite die munisipaliteit. Boonop het die burgemeester in haar begrotingstoespraak van die vorige jaar ook gesรช dat die trem in die volgende jaar in werking gestel word.

Sharon Steyn, bedryfshoof van die Noord-Kaapse Sakekamer (Nocci), sรช die trem was altyd ‘n baie gewilde toerisme-aantreklikheid en mense het spesiaal Kimberley besoek om ‘n tremrit te beleef.

Steyn sรช van besighede se kant is talle onbeantwoorde vrae oor diรฉ projek. Vrae word ook gevra waarvoor die geld wat vir die herstel van die trem vir die vorige jaar begroot is, aangewend is. Sy is ook van mening dat die gebied baie skoner en veel meer aantreklik gemaak sal moet word om toeriste te trek.

“Ek soek ‘n waarborg dat die trem weer gaan loop,” sรช sy en spreek die hoop uit dat diรฉ projek meer is as net ‘n blokkie wat op ‘n te-doenlys afgemerk word.

“Om wat te sien?” vra ‘n inwoner van Kimberley oor die moontlikheid om weer op die trem te ry. “Nie tensy die munisipaliteit drastiese opknapping in daardie deel doen nie, kan ek dit nie sien werk nie.”

Langtermynhuur is deel van ooreenkoms

Op navraag het die De Beers Groep aan NoordkaapBulletin gesรช die trem is onderhewig aan ‘n langtermynhuurooreenkoms met die Sol Plaatje-munisipaliteit. Dit is aangegaan toe die Kimberley Mynmuseum in 2006 nรก sy opknapping heropen het.

“Ingevolge hierdie reรซling bedryf die munisipaliteit die trem en is hy op eie koste verantwoordelik vir die instandhouding, herstelwerk en algemene versorging daarvan,” sรช Lesedi Ntuli, eksterne kommunikasiebestuurder, Suid-Afrika. Die instandhouding van die tremspoor en die oorhoofse elektriese toevoerkabels is ook deel van die Sol Plaatje-munisipaliteit se bedryfsverantwoordelikhede, sรช De Beers.

De Beers bevestig dat diรฉ trem een van die oorspronklike historiese trems is wat met Kimberley se vervoer-erfenis verbind word. Dit dateer uit ‘n vroeรซre tydperk en is voorheen as deel van die stad se tremstelsel gebruik, voordat dit later deel van die Kimberley Mynmuseum se toerisme-ervaring geword het.

Die trem is tans onder ‘n skadunet toegemaak, soos waargeneem in Julie vanjaar. FOTO: Helena Barnard

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article