Gewese polisie-offisier erken skuld op aanklagte van bedrog en geldwassery

Hofsake

Gewese polisie-offisier erken skuld op aanklagte van bedrog en geldwassery


UPINGTON -‘n Voormalige offisier van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, luitenant-kolonel Pieter Andries Nel, is skuldig bevind in die Hof vir Ernstige Handelsmisdade in Upington nรก ‘n skulderkenning op 80 aanklagte van bedrog en 80 aanklagte van geldwassery.

Pieter Andries Nel
Pieter Andries Nel. FOTO: Verskaf

Nel het as hoof van Finansiรซle Dienste vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die ZF Mgcawu-distrik in die Noord-Kaap gedien. Hy was onder meer verantwoordelik vir die goedkeuring van betalings aan diensverskaffers sowel as reis- en verblyfkoste vir polisiebeamptes in die distrik. In die tydperk 2022 tot 2024 het hy valse eise en betalings van nagenoeg R1,2 miljoen geskep en goedgekeur, wat in sy persoonlike bankrekening inbetaal is, sรช luitenant-kolonel Tebogo Thebe, woordvoerder van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Valke).

Lede van die Valke se eenheid vir die ondersoek na ernstige korrupsie het Nel op 28 Mei 2025 by sy huis in Upington in hegtenis geneem nรก ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming uitgereik is.

Hy is nรก ‘n dissiplinรชre proses uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens ontslaan. ‘n Bedrag van R1 258 636,88 is van sy pensioen as terugbetaling afgetrek.

Die saak is tot 2 Desember vir vonnisoplegging uitgestel.

Die provinsiale hoof van die Valke in die Noord-Kaap, generaal-majoor Stephen Mabuela, het die ondersoek- en vervolgingspanne gelukgewens met ‘n taak wat uitstekend uitgevoer is.

“Ons lede word aangemoedig om gebruik te maak van die dienste van ons eenheid vir werknemersgesondheid en -welstand (EHW) wanneer hulle druk ervaar. Ons werk bring druk van alle kante, maar nietemin verwag ons dat ons lede se integriteit bo verdenking moet wees,” sรช Mabuela.

LEES OOK: John Block en ander oud-hooggeplaastes se korrupsiesaak sleep voort

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article