Learners of Khayamandi High are doing their bit to bring rugby to the school.
Die klubrugbyseisoen in die Westelike Provinsie staan nou na ‘n einde toe.

US Maties vir laas in Superliga A-stryd vir 2026-klubrugbyseisoen


Die US Maties is die enigste plaaslike span wat die naweek in klubrugbyaksie is.

Die studente speel môreaand (Vrydag 28 Augustus) hul laaste Superliga A-wedstryd van die seisoen en sal graag wil voortbou op die form wat hulle die afgelope naweek op die speelveld ten toon gestel het.

Die maroen-masjien het die afgelope Saterdag (22 Augustus) met Unimil, wat reeds tot Superliga B vir 2027 gerelegeer is, afgereken. Die spanne het mekaar by Theo Maraispark in Milnerton die stryd aangesê, met die studente wat 20-55 as wenners uit die stryd getree het.

LEES OOK: Super-league rugby weekend bombs for teams from Stellenbosch

Villager kraai koning

Die sege was ‘n ommeswaai van die US Maties se vorige wedstryd teen die SLA-kampioen, Villager, verlede Woensdag (19 Augustus).

Die tuisspan het op die velde van die UCT Ikeys gewys waarom hy die beste klubrugbyspan in die Westelike Provinsie is deur die studente met 47-26 te klop.

Indien die Maties in Vrydagaand se wedstryd teen Kuilsrivier ‘n sege behaal én vier keer agter die doellyn kuier, sal hulle die seisoen op 43 punte eindig en of die agtste óf negende plek op die punteleer beklee.

Derby-aksie

Intussen is daar dié seisoen nog baie speelaksie oor in die Noordelike liga, met veral die derbystryde wat die afgelope naweek vir baie opwinding gesorg het.

Excelsior het ‘n welverdiende maar naelskraapse 34-31-sege oor Cloetesville behaal, terwyl Stellenbosch-Coronation nie vir Blakes teruggestaan het nie, en ‘n 34-26-oorwinning aangeteken het.

In die ander wedstryd waarin ‘n plaaslike span betrokke was, het Blue Stars United hul plek bo-aan die punteleer versterk deur op tuisbodem met 43-18 met Police Blackheath af te reken.

Die span van Klapmuts spog ná 16 wedstryde met 71 punte op die leer, 11 punte voor Fisantekraal (60) in die tweede plek en 12 punte voor Blakes (59) in die derde, maar albei spanne het net 15 wedstryde gespeel.

Laer op die punteleer het Corries se sege oor Blakes beteken dat hy een plek opgespring het, na die vyfde plek met 46 punte na 16 wedstryde. Faure (43) is in die sesde plek, Excelsior (43) is agtste en Cloetesville (12) is in die 11de en laaste plek.

LEES OOK: Borgskapvenootskap gee hupstoot vir rugby by Universiteit Stellenbosch

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article