Raithby vs Strand United
Elzeden Herbert kry goeie, skoon balbesit van ‘n losskrum om Raithby Universals op die aanval se sit. Foto: Peter Bee

Kylemore en Raithby wen hul Superliga C-kragmetings, Pniël val vas

Raithby vs Strand United
Elzeden Herbert kry goeie, skoon balbesit van ‘n losskrum om Raithby Universals op die aanval se sit. Foto: Peter Bee

Die wenners van twee van die Westelike Provinsie se superligas is die afgelope naweek gekroon, met Villager as die unie se topklub en Superliga A-kampioen en Rangers wat die Superliga C-kroon dra.

Die algehele wenner van Superliga B is in die weegskaal, met Belhar, Collegians of Macassar wat nog as ligawenners gekroon kan word.

Die komende naweek (Saterdag 15 Augustus) se ligabepalings is uiters belangrik vir dié spanne, terwyl ander klubs nog poog om hul plek in die verskeie ligas in 2027 te verseker of slegs vir die trots van hul spanne speel.

LEES OOK: Plenty to play for as Western Province club rugby season nears its end

Raitgby vs Strand United
Leadasco Eyman werk hard om Raithby Universals oor die voordeellyn te kry. Foto: Peter Bee

Moeilike naweek

Die afgelope naweek het gemengde uitslae vir Stellenbosch en omgewing se klubs opgelewer. In Superliga A het die swak vorm van die Maties teen Valsbaai voortgeduur. Die studente het met 23-12 in Constantia vasgeval.

Van der Stel-Evergreens het vyf punte aan Hamilton afgestaan deur die wedstryd te verbeur.

In Superliga C kon Pniël Villagers nie sy wenvorm voorsit toe hy op tuisbodem kragte met Langa meet nie. Die Pniëllers het in hul laaste wedstryd met 25-47 vasgeval en sodoende van tweede tot derde plek op die punteleer gesak.

Daar was welslae vir Kylemore en Raithby Universals in hul onderskeie SLC-kragmetings. Kylemore het ‘n 14-19-sege oor Caledonian Roses behaal, terwyl RU met 42-27 teen Strand United geseëvier het. Beide klubs hoop om die komende naweek die wenmomentum in hul laaste wedstryde te handhaaf.

Kylemore pak die ligawenners, Rangers, in Surrey Estate en RU pak Busy Bee in Langa.

Noordelike liga weer terug

In SLA is die Maties in aksie teen Hamilton in Seepunt, VDE is geskeduleer om met die UWK Caracals kragte te meet en Franschhoek geniet weer ‘n rusnaweek. Komende Woensdag (19 Augustus) pak die Maties die ligakampioen, Villager, by Brookside in Claremont.

Al die spanne in die Noordelike liga is ná ‘n ruskans weer Saterdag in aksie, met die derby tussen Cloetesville en Stellenbosch-Coronation wat vir opwin- ding sorg.

Die ligavoorloper, Blue Stars United, pak Whistling Wheels in Eerste- rivier, Excelsior speel weg teen Police Blackheath, en Faure reis vir sy ontmoeting met Fisantekraal. Blakes het weer ‘n ruskans.

LEES OOK: Kylemore teen Pniël Villagers: Taai Superliga C-stryd aan die kom

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article