Kylemore vs Rangers
Keanu Kriger, Vivaldo Botha en Logan Solomans van Kylemore span kragte saam om Abdul Aziz Abrahams van Rangers op aanval te stuit. Foto: Rashied Isaacs

Dwarsrivier bure in Superliga C top-8-eindstryd op City Park

Kylemore vs Rangers
Keanu Kriger, Vivaldo Botha en Logan Solomans van Kylemore span kragte saam om Abdul Aziz Abrahams van Rangers op aanval te stuit. Foto: Rashied Isaacs

Die neutrale City Park-stadion in Athlone is waar die eerste spanne van Pniël Villagers en Kylemore mekaar Saterdag (19 September) in die Top-agt-eindstryd van Superliga C sal pak.

Die klubs van die Dwarsriviervallei het hul plekke in die eind- stryd verseker met welverdiende seges in hul onderskeie half- eindstryde die afgelope naweek.

Kylemore het in sy wedstryd teen Rangers, wat verlede maand as die SLC-kampioen gekroon is, met 30-27 op City Park geseëvier, terwyl Villagers met redelike gemak sy wedstryd teen Delft United met 32-17 beklink het.

LEES OOK: Playoff action kicks off in Western Province’s super leagues

Wraak op veld; eer op spel

Nou is alle oë op die buurspanne wat vir die tweede keer hierdie seisoen kragte meet.

In hul liga-ontmoeting op die Kylemore-sportterrein op Saterdag 1 Augustus het Villagers ‘n 20-24-sege behaal.

Daar is egter geen twyfel dat Kylemore in die eindstryd sal probeer om wraak te neem en daardie telling om te keer nie.

Soos die telling van die vorige ontmoeting aandui, is die spanne redelik gelykop. Voorts het Pniël Villagers die gewone seisoen in die derde plek met 57 punte afgesluit, nadat hy geleidelik oorwinnings op sleuteloomblikke behaal het, terwyl Kylemore – wat vroeg in die seisoen voorlopers in die liga was – in die vierde plek met 55 punte geëindig het.

Beide spanne se sterk vertonings in die liga en hul klein punteverskil op die SLC-punteleer getuig weer eens dat die eindstryd ‘n boeiende affêre sal wees – een wat ondersteuners van die afskop terdeë sal geniet.

Blue Stars beïndruk

Intussen is Blue Stars United die afgelope naweek as die kampioen van die Noordelike liga gekroon, nadat hy op tuisbodem met 27-13 met Blakes afgereken het.

Die sege beteken ook dat dié span van Klapmuts aanstaande jaar in Superliga D sal meeding – ‘n doel wat dié plaaslike klub aan die begin van die huidige seisoen vir sy spelers gestel het.

Wat Blue Stars se prestasie meer indrukwekkend maak, is die feit dat hy nog twee wedstryde voor die einde van die seisoen moet speel. Verder het die span 16 van sy 18 wedstryde gewen, tot dusver ‘n massiewe 81 punte ingesamel en sedert die vyfde speelweek bo-aan die punteleer gepronk.

In ander Noordelike liga- wedstryde was Stellenbosch-Coronations te sterk vir Excelsior (18-3), Cloetesville kon in Durbanville nie die aanslag van Morning Star United keer nie (42-20) en Whistling Wheels het ‘n noue oorwinning oor Faure behaal (26-23).

Die komende naweek sal Blue Stars hoop om sy voorlaaste wedstryd van die seisoen teen Corries in Stellenbosch te beklink, Blakes ontvang besoek van Morning Star, Cloetesville verwelkom Fisantekraal en Faure reis om kragte met Police Blackheath te meet. Excelsior geniet ‘n loslootjie.

LEES OOK: US Maties vir laas in Superliga A-stryd vir 2026-klubrugbyseisoen

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article