Waarom moet jy jou plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se vergadering bywoon?
Jou stem en betrokkenheid maak jou buurt veiliger. Deur saam met die polisie te werk, kan misdaad voorkom, probleme vinniger aanspreek en praktiese oplossings gevind word wat vir almal werk.
Jou teenwoordigheid bou vertroue, versterk samehorigheid en help om jou woongebied ‘n plek te maak waarop jy trots kan wees.
Langebaan GPF se imbizo vind op Woensdag 11 November om 18:00 by die Langebaan Thusongsentrum plaas. Sien jou daar!
LEES OOK: Premier besoek Weskus se netjiesste polisiekantoor





