Paternoster-pa wat tienerdogter verkrag en probeer vermoor, gaan 55 jaar tronk toe

Misdaad | Crime
Misdaad | Crime

Paternoster-pa wat tienerdogter verkrag en probeer vermoor, gaan 55 jaar tronk toe


PATERNOSTER – ’n Man is Donderdag 29 Oktober tot altesaam 55 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting en poging tot moord van sy 13-jarige dogter.

Volgens kapt. Tania Helfrich, polisiewoordvoerder, is die misdade op 23 Mei 2025 gepleeg. Die beskuldigde is op twee aanklagte van verkragting skuldig bevind en daarvoor gevonnis. Hy het ook ’n verdere 30 jaar gevangenisstraf ontvang vir poging tot moord op sy eie dogter.

Weslander het verlede jaar berig dat ’n bekende gemeenskapsleier op 26 Mei 2025 in die Vredenburgse landdroshof verskyn het op twee aanklagte van verkragting van ’n minderjarige, aanranding met die doel om ernstig te beseer en beskadiging van eiendom.

Die strand naby Paternoster. Foto: Alida Buckle
Die strand naby Paternoster. Foto: Alida Buckle

Die 40-jarige man is daarvan beskuldig dat hy sy tienerdogter op 23 Mei verkrag het nadat hy na bewering pornografiese materiaal op haar selfoon ontdek het. Volgens die klagte is sy na ’n strand naby Paternoster geneem, waar hy haar glo verkrag en probeer verwurg het.

AO Helendine May van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) in Vredenburg het die saak ondersoek.

Die beskuldigde se naam mag nie gepubliseer word nie omdat dit die minderjarige slagoffer se identiteit kan bekend maak.

Volgens Helfrich het die meisie se stiefma op die betrokke aand haar saam met haar pa gesien en opgemerk dat iets verkeerd is. Die stiefma het ingegryp, waarna die meisie aan haar vertel het wat haar pa aan haar gedoen het.

Die voorval is by die polisie aangemeld en die beskuldigde het op 26 Mei 2025 sy eerste verskyning in die Vredenburg-landdroshof gemaak.

AO May is spesifiek vir haar toewyding en vasberadenheid tydens die ondersoek geloof.

LEES OOK: ‘Grooming’: wat ouers moet weet

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 29 October 2026
    Weslander E-Edition – 29 October 2026

Gift this article