KLAWER – El-Peter Stuurman (30) het op Maandag 14 September in die hof verskyn op ‘n aanklag van ontvoering nadat hy na bewering Donderdagmiddag 10 September vir Marzo Isaacs (20) gedwing het om saam met hom huis toe te gaan en hom daar toegesluit het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, Weskus-distrikspolisiewoordvoerder, het Stuurman vir Isaacs daarvan beskuldig dat hy geld onregmatig uit sy bankrekening na sy eie rekening oorgeplaas het.

Isaacs het beserings aan sy bene en lip opgedoen.

Die polisie ondersoek die beweerde ontvoering.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 17 September 2026
    Weslander E-Edition – 17 September 2026

Gift this article