Rolspelers en lede van die publiek teenwordig by die Louwville GPF se imbizo. Foto: Noluvu Ludidi

‘Inwoners moet misdaad beveg’

Rolspelers en lede van die publiek teenwordig by die Louwville GPF se imbizo. Foto: Noluvu Ludidi

Leë stoele was een van die opvallendste kenmerke van die Louwville Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se imbizo wat verlede Woensdag 29 Julie plaasgevind het.

Die beperkte bywoning deur die gemeenskap het organiseerders bekommerd gelaat oor die vlak van inwoners se betrokkenheid by veiligheidsake.

Volgens Freddie Smook, voorsitter van die Vredenburg GPF, was die verwagte bywoning uit die gemeenskap baie hoër. Hy het verwys na die Witteklip GPF-vergadering waar sowat 83 inwoners teenwoordig was.

Smook sê die doel van die vergaderings is om na die gemeenskap se probleme te luister en terugvoering van rolspelers te ontvang.

“Dit is baie belangrik dat die gemeenskap hierdie vergaderings bywoon, veral nou met die toename in kindermisdaad, bendebedrywighede, klipgooiery, messteekvoorvalle en soveel ander uitdagings,” sê Smook.

“Dit gee inwoners die geleentheid om hierdie kwessies met die polisie te deel sodat daar samewerking kan wees. As die gemeenskap nie betrokke raak nie, kry die polisie nie die inligting wat nodig is om op te tree nie.”

Claudia de Koker, ‘n inwoner van Louwville, meen die swak bywoning deur die gemeenskap is rede tot groot kommer. Sy beklemtoon dat die vergadering ‘n belangrike platform is waar inwoners hul klagtes, bekommernisse en voorstelle kan opper.

Volgens De Koker is groter deelname noodsaaklik om plaaslike uitdagings aan te spreek en oplossings saam met die betrokke rolspelers te vind.

De Koker sê verder daar is ‘n groot behoefte aan ‘n media-uitreik om inwoners op hoogte van gebeure en vergaderings te hou.

Sy meen ook skole behoort ‘n groter rol te speel om die gemeenskap by veiligheids- en ontwikkelingsinisiatiewe te betrek.

Tydens die vergadering het die inwo- ners wat wel opgedaag het hul kwessies geopper, voorstelle gemaak en saam met die verskillende rolspelers na moontlike oplossings gesoek.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 6 August 2026
    Weslander E-Edition – 6 August 2026

Gift this article