SALDANHA – Tien buitelanders is gister (Maandag 27 Julie) naby die hawe in hegtenis geneem vir die beweerde vervalsing van ‘n verskeidenheid van huishoudelike kos- en medisinale items.
Kapt. Tania Helfrich, distrikswoordvoerder vir die Weskus-polisie, het die inhegtenisneming bevestig en gesê die tienstuks tussen die ouderdomme van 23-36 het reeds in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

Helfrich het allerhande vals gerugte op sosiale media skerp gekritiseer en weereens die gemeenskap gemaan om hulle nie aan laster skuldig te maak nie. Daar is byvoorbeeld in ‘n boodskap wat rondgestuur is, die eienaar van die King’s Bar by die petalje betrek, wat volgens Helfrich glad nie waar is nie.
“Verskeie eenhede van die polisie en regering is besig met die ondersoek na die heretiketering van goedere. Soos wat inligting bekend word, sal dit deurgegee word, maar die ondersoek is in ‘n sensitiewe stadium.”






You must be logged in to post a comment.