Vredenburg se Burg Boys is steeds die pasaangeërs nadat hulle Piketberg die afgelope Saterdag (21 Maart) in die Boland-Grootuitdaagbeker-Weskus-streekwedstryd met 104-3 afgeransel het. Vredenburg, Saldanha en St. Helenabaai is steeds onoorwonne, en Velddrif het teen Langebaan vasgeval.
Young Hearts het ook hul eerste nederlaag teen Paternoster gely. Ruben Abels en sy troepe het 18-22 in Paternoster vasgeval.
Saldanha Tigers, wat dié seisoen hul buiging in die Grootuitdaag maak, sal ook die Grafkelder die eerste keer besoek.
Met Abels en sy troepe, wat tans die sesde plek op die punteleer beklee, behoort hulle ná Saterdag ‘n plek of twee te klim.
Atlantis en Hamlets pak mekaar môreaand in ‘n vriendskaplike wedstryd in Mamre.
In die Swartland-reeks het Atlantis, wat steeds voorseisoenwedstryde speel, 13-22 in ‘n wegwedstryd teen Hands and Hearts vasgeval.
Hamlets het op sy tuisveld ook ‘n goeie oorwinning in die vriendskaplike wedstryd teen Belhar behaal. Hamlets het die wedstryd 33-12 gewen.
Mamre se groen truie het op hul beurt die besoekers van Good Hopes met skitter-
rugby met 53-15 in die wedstryd in Mamre
geklop. Die groen truie, wat soos ‘n diesel-
enjin gesukkel het om aan die gang te kom, het daarna die krane behoorlik oopgedraai.
Die span van Kenny Stadler, wat verlede week weens swak dissipline teen Darling se melkboere vasgeval het, moes eenvoudig die wedstryd wen om in die wedloop te bly. Die oorwinning het ook die groen truie weer onder die voorlopers geplaas nadat Darling in ‘n wegwedstryd teen Abbotsdale gespeel en hulle geklop het. Mamre, wat Saterdag na Malmesbury reis om Never Despair te pak, sal egter moet voortbou op hul momentum en Stadler sal ook nog aandag aan die span se dissipline moet skenk.
Die nederlaag het ook ‘n einde aan Lillies se onoorwonne status gebring.
Weskus-uitslae:
Vredenburg 104-3 Piketberg, Saldanha 81-5 Goedverwacht, Velddrif 28-34 Langebaan, St. Helena 35-12 Hopefield, Saldanha Tigers 66-12 Steenberg’s Cove en Paternoster 22-18 Young Hearts.
Swartland-uitslae:
Abbotsdale 22-28 Darling, Wesbank 28-22 Moorreesburg, Mamre 53-15 Good Hopes, Saron 27-24 Never Despair, Porterville
22-21 Villagers Wittewater en Koringberg
39-17 Riebeeck United
• Hierdie naweek speel Young Hearts teen Saldanha Tigers, Paternoster teen Velddrif, Langebaan teen St. Helenabaai, Hopefield teen Vredenburg, Piketberg teen Saldanha en Steenberg Cove teen Goedverwacht.






