Die stryd tussen Saldanha en Young Hearts is net-net deur die Saldanhabaai-rugbyklub beklink. Foto: Deon Julies

Saldanha byt vas

Die stryd tussen Saldanha en Young Hearts is net-net deur die Saldanhabaai-rugbyklub beklink. Foto: Deon Julies

Nadat die Boland Rugbyunie alle rugbywed- stryde ‘n week gelede weens swaar reënvaltoe- stande uitgestel het, is dit weer die afgelope Saterdag (23 Mei) hervat. Net soos die 2026-seisoen met vonkelrugby op die Weskus afgeskop het, is ondersteuners Saterdag weer eens met sprankelende rugby op die Saldanha Transnet-stadion getrakteer.

Die 2025 Boland Top-12-kam- pioen, Saldanhabaai, is steeds die enigste onoorwonne span in die Grootuitdaagbeker-kompetisie van die Boland-rugbyunie se Weskusstreek.

Young Hearts van Pella het nietemin geen geheim daarvan gemaak dat hulle Saldanhabaai ‘n harde dag gaan gee nie.

Vir die eerste keer het dit gelyk of Saldanhabaai sy rieme in die 2026-seisoen sou kon styf- loop toe die manne van Pella se Grafkelder in ‘n klipharde wedstryd Saldanha eerste die loef afgesteek het. Geen drieë is in die eerste helfte behaal nie, slegs twee strafskope, wat Hearts met 6-0 laat voorloop het.

Yong Hearts het verlede jaar die ontmoontlike reggekry deur die kampioen op die Saldanha Transnet-stadion in Saldanha én op die Grafkelder te klop – en dit het gelyk asof hulle dit weer gaan vermag.

Die uitslag teen rustyd het die tuisskare senuweeagtig gelaat, met die tuisspan op die agtervoet teen Hearts, maar tog het hulle geglo dat hul span in blou die skip veilig na die Saldanha-hawe sal stuur.

Na die hervatting het die blouspan momentum opgebou en na omtrent 10 min het hulle beheer voorlangs oorgeneem, Hearts uitoorlê en vir die eerste keer die voortou geneem toe hulle die eerste drie van die wedstryd aanteken en verdoel.

Terwyl die tuisspan die tuis- skare weer opgewonde gemaak het, het Hearts teruggeveg en nog ‘n strafskop deur die pale vir ‘n 9-7-voorsprong gejaag.

Met die twee pakke voorspe- lers wat mekaar behoorlik in die skrums en losgemale opgedreun het, was dit die agterspe- lers wat man vir man mekaar agterlangs gemerk het.

Met die aanbreek van die laaste kwartier het die senuwees onder die Heart spelers begin pla toe hulle onkant gaan en gestraf word. Craig van Rensburg het die bal maklik oorgeklits en Saldanha se neus weer voor geplaas, met 10-9.

Hearts het egter met ‘n ontploffing uitgeskiet en ‘n pragtige drie in die hoek afgerond.

Ongelukkig was die doelskop skeef verby, maar Hearts was met 14-10 voor. Met omtrent 10  minute oor het die herinneringe aan 2025 weer opgekom.

Saldanha het egter geweier om onder die druk van Hearts mee te gee en met hulle koel en kalm houding teruggeveg.

Hulle het Hearts in die laaste minute van die tweede helfte hul eie medisyne gegee en aanhoudend druk toegepas.

Dit het gelei tot Samelio Claassen se wendrie wat verdoel is – en verseker dat Saldanha ná sy 10de wedstryd steeds onoorwonne bly.

Hoewel Hearts die tuispan hardebene laat kou het, kon hulle nie die uitklophou plant nie en moes tevrede wees met een punt uit die wedstryd nadat hulle met 17-14 deur Saldanha geklop is.

Met dié oorwinning het Saldanhabaai sy plek bo-aan die Boland Grootuitdaagbeker-kompetisie van die Weskusstreek bevestig en weer gewys dat dié span onder druk beter presteer.

Hul laaste wedstryd van die eerste ronde is eerskomende Saterdag teen St. Helenabaai se Albatrosse op Albatrospark. Die vonke gaan beslis weer spat.

◘ Ander uitslae:

Vredenburg 40-38 Velddrif, Paternoster 50-33 Steenberg’s Cove, Saldanhabaai 17-14 Young Hearts, Langebaan 61-15 Goedverwacht, Piketberg 24-22 Hopefield, Saldanha Tigers 32-31 St. Helenabaai.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 28 May 2026
    Weslander E-Edition – 28 May 2026

Gift this article