Die Wesland-dierehospitaal in Vredenburg.
Die Wesland-dierehospitaal in Vredenburg.

Diewe teiken Wesland-dierehospitaal


VREDENBURG – Herhaalde voorvalle van vandalisme en inbrake by die Wesland-dierehospitaal in Langstraat begin ‘n al groter probleem vir die organisasie raak.

Margaretha Esterhuyse, die praktykbestuurder by die Wesland-dierehospitaal, sê die praktyk het al verskeie voorvalle van vandalisme ervaar, met vandeesmaand selfs twee voorvalle. Volgens haar het die praktyk oor die afgelope twee tot drie jaar ook inbrake ervaar waartydens hondekos en hondebederfies deur vensters gesteel is.

Vensters moes gevolglik met staalroosters beveilig word. Esterhuyse sê die voorvalle het nie die vlak van sorg wat die praktyk aan diere bied, beïnvloed nie, maar dit het wel finansiële gevolge. “Ons het vir een dag geen elektrisiteit gehad nie, maar ons was steeds oop om ‘n diens aan ons kliënte en pasiënte te lewer. Dit het egter ‘n finansiële uitwerking op die organisasie om alles wat gesteel en in die proses beskadig is, te vervang en te laat herstel,” vertel sy.

Die Wesland-dierehospitaal loop erg onder vandale deur.
Die Wesland-dierehospitaal loop erg onder vandale deur.

Verskeie veiligheidsmaatreëls is ingestel om die praktyk te beveilig, waaronder diefwering en staalroosters voor vensters, ‘n alarmstelsel en kameras.

Volgens Esterhuyse het dié maatreëls egter nie die probleem opgelos nie. Sy sê die praktyk het voorheen voorvalle by die polisie aangemeld, maar volgens haar het dit nie die gewenste uitwerking resultate opgelewer nie.

Plaaslike inwoners, onder wie Sammy Springleer, Harry Lu en Freddie Smook, het in die verlede ook gehelp deur nagpatrollies te verrig en mense weg te jaag wat op die perseel oornag het.

Esterhuyse doen egter ‘n beroep op die polisie en wetstoepassers om meer sigbaar in die gebied te wees en daadwerklik op te tree, juis omdat hulle nie te ver van die perseel af gestasioneer is nie.

Sy meen daar behoort ook ná voorvalle by ondernemings opgevolg te word, veral omdat die probleme volgens haar reeds op plaaslike kommunikasiegroepe bespreek word. Sy stel ook voor dat meer nagpatrollies gedoen word om misdaad te voorkom.

Sy erken egter buurtwagte sukkel om genoeg mense te kry om snags patrollies te beman.

LEES OOK: ‘Meld vandalisme onmiddellik aan’

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 22 October 2026
    Weslander E-Edition – 22 October 2026

Gift this article