Die leerders van Diazville Primêr het Joshlin Smith se verjaarsdag gevier.
Die leerders van Diazville Primêr het Joshlin Smith se verjaarsdag gevier. FOTO: Noluvu Ludidi

Diazville vier Joshlin se verjaarsdag

Die leerders van Diazville Primêr het Joshlin Smith se verjaarsdag gevier.
Die leerders van Diazville Primêr het Joshlin Smith se verjaarsdag gevier. FOTO: Noluvu Ludidi

Al is dit meer as twee jaar sedert Joshlin Smith vermis geraak het, bly die gemeenskap van Saldanha steeds hoop dat sy eendag gevind sal word.

Joshlin, wat op 24 Februarie 2024 by die Saldanha-polisiekantoor as vermis aangemeld is, was ses jaar oud toe sy verdwyn het.

Op Vrydag 23 Oktober het ­Diazville Primêr, waar sy ‘n leerder was, haar negende verjaardag gevier om te wys dat sy steeds deel van die skoolfamilie is.

Die geleentheid is deur die skool se gr. 3-leerders, Joshlin se peetouers en ander ondersteuners bygewoon.

Natasha Andrews, Joshlin se grootmaakma, het gesê dit is ‘n riem onder die hart om te sien hoe die skool Joshlin steeds onthou en eer.

Volgens Andrews bly die familie hoopvol.

“Ons is nog hoopvol en sal nooit hoop verloor nie, totdat daar swart en wit bewyse is dat Joshlin nie meer met ons is nie. Ons sal altyd bly glo dat sy wel eendag haar verskyning sal maak,” het sy gesê.

LEES OOK: Ondersoek na vermiste Joshlin Smith steeds aktief, ondanks skuldigbevindings

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 29 October 2026
    Weslander E-Edition – 29 October 2026

Gift this article