Blougrommels (Robert Hindley) en Geelgrommels (Angelique Filter) gaan vir kinderpret uit die boonste rakke sorg.

‘Grommels’ bring kleur na Koelkamers-kinderteater

Blougrommels (Robert Hindley) en Geelgrommels (Angelique Filter) gaan vir kinderpret uit die boonste rakke sorg.

PATERNOSTER – ‘n Wêreld waar grys die botoon voer, wag twee kleurryke karakters en ‘n speelse ontdekkingsreis op jong teaterliefhebbers wanneer Grommels op Saterdag 31 Oktober om 11:00 by die Koelkamers aangebied word.

Geelgrommel en Blougrommel is die laaste oorblywende kleure in ‘n klein grys wêreld, waar ‘n groot grys muur alles omring. Geelgrommel vang sonlig, terwyl Blougrommel reëndruppels probeer vang. Wanneer hulle ontdek dat ‘n gehoor hulle dophou, begin ‘n onverwagse avontuur waarin die mure tussen hulle op ‘n betowerende manier begin draai. Sonder om veel te sê, neem die twee karakters die gehoor op ‘n speelse ontdekkingsreis vol verwondering en herinnering, waar drome van kleur begin groei.

Die produksie is hoofsaaklik nie-verbaal, met enkele Afrikaanse woorde, en is geskik vir kinders van twee tot nege jaar, asook die res van die gesin.

Grommels het reeds verskeie toekennings ontvang, waaronder die 2026 kykNET Fiësta vir Beste Kinder- en Jeugteater, die 2025 Kanna-toekenning vir Beste Aanbieding in Kinderteater en ‘n Standard Bank Ovation Award by die 2025 National Arts Festival.

Angelique Filter en Robert Hindley vertolk die rolle en is ook verantwoordelik vir die teks en regie. Jeanne-Marié Koekemoer behartig die verhoogbestuur.

Kaartjies kos R138.

Bespreek by koelkamers.com

LEES OOK: Dagboek / Diary

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 29 October 2026
    Weslander E-Edition – 29 October 2026

Gift this article