Dagboek-inskrywings is gratis. Inskrywings moet voor 17:00 op ‘n Maandag ontvang word. Stuur e-pos na weslander@novusmedia.co.za of ‘n WhatsApp na 082 576 0453 met jou inskrywing.
Maandag 2 November
Alkoholiste Anoniem Vredenburg vergader van 18:30 tot 19:30 by die Metodistekerk-saal in Hospitaalstraat. Bel Monique by 071 402 8771 vir nog inligting.
Saterdag 7 November
Die Broers Christo, Cobus en Nic tree op by Die Koelkamers om 17:00. Hulle is alombekend vir hul harmonieuse sang en polsende liedjies. Hulle maak van jongs af saam musiek en sing al van laerskool af in kore en het formele opleiding in onder meer klavier, trompet, kitaar en kontrabas ontvang. Kaartjies: R207 tot R368. Moet dit nie misloop nie. Om te bespreek besoek www.diekoelkamers.com.
Sondag 8 November
Frank Opperman se vertoning die “Reunie” keer terug na Die Koelkamers. Dit is dieselfde skoolsaal, maar dis 40 jaar later. Ja, dis die 1980-matriekgroep se reünie soos beleef deur Petrus Boshoff, die verteller. Die voormalige matrieks word gekonfronteer met die spoke van die verlede en ‘n tragedie wat hulle 40 jaar gelede saam beleef het. Die vertoning begin om 12:00. Kaarjies kos tussen R207 en R345. Om te bespreek besoek www.diekoelkamers.com.
Dinsdag 17 November
Eloff is die naam op almal se lippe. Hy is ‘n Potch-student wat blitsvinnig bekendheid verwerf het met sy Platinum debuut-enkelsnit ‘Johnnie Blou’ en opvolg snitte ‘Geheueverlies’ en ‘Witblits’ wat sterk oppad is na Goue Status. Hy sal by Kapstadt Brauhaus in Langebaan optree om 19:30. Kaartjie pryse begin by R220. Om te bespreek besoek www.quicket.co.za.
Sunday 29 November
The Song of Hope Gospel Event will take place at the Multi-Purpose Centre in Saldanha Bay at 16:30. The event will feature Newie, Malvin Domingo and a live band, with AFM St. Helena Bay General Overseer as host. Tickets are R120 (adults), R150 (at the door) and children u.12 cost R50. Phone 074 516 1287 or 084 368 5352 for bookings. Contact 067 638 8957 for general enquiries


