VREDENBURG – Die Burg Boys het Saterdag 24 Oktober, sy tweede ronde wedstryd van die Sanlam Boland Top 12 teen die voormalige kampioen Robertson Town op die Vredenburg sportgronde afgeskop.
Nadat die span van Thyrone Williams teen Roses United in die eerste-ronde-wedstryd met 28-33 verlede week vasgeval het, het die Burg Boys uitstekende rugby teen Robertson Town gespeel en hulle oortuigend met 38-26 geklop.
Die Burg Boys het beslis aan hulle dissepline en verdediging gewerk en hoewel Robertson Town met sy swaarpak voorslers in die eerste paar minute van die wedstryd die toon aangegee het, kon hulle nie punte behaal nie.
Twee strafskoppe deur Dorehano Carolus en Gregan Papier het die Burg Boys die voortou met 6-0 laat neem met die lemoenbreek.
Goeie spel deur die Burg Boys se voor- en agterspelers het tot Papier se drie gelei, wat hy self verdoel het en die Burg Boys met 13-0 rustyd laat voorloop het.
Na die afskop van die tweede helfte het die Burg Boys se Carolus van sy 22m gebied gebreek en Town se verdediging oopkloof.
Hy is eers in Town se halfgebied gestop maar met Monray Jacobs aan sy binnekant en op vaart die bal gevoer om agter die pale af te rond met Papier wat nog twee punte byvoeg en die telling 20-0 maak.
Die Burg Boys het [n klein insinking beleef, wat veroorsaak het dat Town twee vinnige verdoelde drieë op die telbord geplaas het en die telling topt 20-14 laat krimp het. ‘n Vêrdere strafskop deur Papier het die telling na 23-14 gegerek.
Town het stadig die gang van die wedstryd geswaai met twee drieë waarvan een verdoel is vir ‘n voorsprong van 26-23 en vir die eerste keer in die wedstryd voorgeloop.
Die Burg Boys se tuisskare is met opwindende hardloop rugby in die laaste 20-minute vermaak toe eers Brune van Vught gaan druk vir ‘n voorsprong van 30 – 26.

’n Strafskop deur Papier het die telling met sewe punte gelig na 33-26. Town se dissepline het hulle weerens die gramskap op die hals gehaal die hulle ‘n derde strafskop in net soveel minute afstaan.
Die opwindende Jacobs het weereens sy ervaring en spoed gewys toe hy tikskop en tussen vyfmanne deurbars en langs die pale afrond. Die doelskop was egter mis, maar die vyfpunte was in die sakkie vir die Burg Boys.
In Bella Vista het die tuisspan die kampioen harde bene laat kou in die eerste helfte. Hulle het ook die eerste helfte afgesluit as die voorlooper met 14-10. Sinethemba Nkolomba het weereen sy krag en spoed gewys in die eerste helfte met twee drieë
In die tweede helfte het die verdedigende kampioen sy ervaring teen die appelboere getoon en gewys waarom hy so hoog aangeskrewe staan.
Hoewel Bella Vista die voortou met ‘n strafskop geneem het, het Saldanhabaai teruggeveg toe Virgil Stoffberg vir die kampioen druk en deur Craig van Rensburg verdoel is en die telling 17-17 maak.
Terwyl Bella Vista het ‘n veredere strafskop oorgeklits toe Saldanhabaai gestraf word en die telling tot 20-17 gerek.
Toe dit lyk as of die tuisspan ‘n verrassing gaan lewer, slaan die kampioen terug met sy agterlyn vanuit sy 22m gebied en voer die bal tot by die vleuel Klihan Valentyn wat langs die pale afrond.
Met Van Rensburg se doelskop oor sluit Saldanhabaai die wedstryd af met 24-20 en wys die Appelboere hulle is nie verniet die Boland kampioen nie. Met die oorwinning bly Saldanhabaai steeds in die tweede plek en pak nou Wesbank eerskomende Saterdag in Malmesbury.
Uitslae: Vredenburg 36-28 Robertson Town, Abbotsdale 24-33 Roses United, Delicious NW 29-38 Hawston, Worcester Villagers 28-26 Wesbank, Bella Vista 20-24 Saldanhabaai, Safcol United 92-15 Invincible.
Wedstrydbepalings 31 Oktober
15:00 – Hawston t. Vredenburg, Wesbank t. Saldanhabaai t. Bella Vista t. Safcol United.
17:00 – Robertson Town t. Roses United, Abbotsdale t. Delicious NW, Invincible t. Worcester Villagers
LEES OOK: Weskus-rugbyspanne behaal gemengde welslae in Boland Top-12.





You must be logged in to post a comment.