Vredenburg bars deur die verdediging van Saldanha Tigers. Foto: Bernadette Louw Sport Photography
Vredenburg bars deur die verdediging van Saldanha Tigers. Foto: Bernadette Louw Sport Photography

Weskus-rugby in kollig

Vredenburg bars deur die verdediging van Saldanha Tigers. Foto: Bernadette Louw Sport Photography
Vredenburg bars deur die verdediging van Saldanha Tigers. Foto: Bernadette Louw Sport Photography

WESKUS – Saldanha het die naweek uit sy nate gebars toe twee van die drie voorlopers op die punteleer besoek kom aflê het. Saldanhabaai-rugbyklub se manne het die Albatrosse van St. Helenabaai op die Transnet-­stadion gehuisves, terwyl sy bure Saldanha Tigers gegrom en teen die Burg Boys op Diazville se ­sportterrein tande gewys het.

Die spelers het elke sentimeter van die veld met valkoë dopgehou om te probeer verhoed dat geen opening ontstaan nie.

Vir Saldanhabaai was hierdie die laaste kans om die tweede ronde op ‘n hoë noot voor sy tuiskare taf te sluit – ­veral nadat die Albatrosse die enigste span was wat hulle vroeër die seisoen ‘n pak gegee het.

Die manne met die blou en rooi het geweet dit gaan die groot een wees om die besoekers van St.­ Helenabaai te wys dat hulle steeds onthou wat in die eerste ronde gebeur het, en dit wil regstel.

Beide spanne het mekaar van die afskop af op hul tone gehou totdat die eindfluitjie geblaas het.

Die twee-puntverskil het weer eens die Albatrosse se houvas oor Saldanhabaai weerspieël. Die oorwinning van 31-29 het nie eintlik die Albatrosse se kanse verbeter nie, want hulle het ‘n agterstand van ses punte teenoor die Burg Boys.

Vredenburg en Saldanha Tigers het kragte gemeet.
Vredenburg en Saldanha Tigers het kragte gemeet. FOTO: Bernadette Louw Sport Photography

Die Burg Boys moes diep teen die Tigers in die laaste kwartier van die wedstryd op die Diazville-sportterrein delf toe hulle met 20-17 as wenner van die veld af gestap het. Met nog een wedstryd vir beide spanne oor ná Saterdag is die laaste ronde wedstryde van Weskus-rugby op ‘n mespunt geba­lanseer. Saldanha het reeds hulle verpligting voltooi en kan nie meer deur Vredenburg verbygesteek word nie, want hul puntegemiddelde is swakker.

Die beslissende wedstryd word Saterdag (5 Augustus) op Vredenburg beslis, en al wen hulle met ‘n bonuspunt, sal dit steeds nie goed genoeg wees nie, want die Burg Boys sal ‘n eenpuntvoorsprong voor hul laaste wedstryde teen Steenberg’s Cove en Goedverwacht hê. Die keerpunt vir die Albatrosse was gewis die gelykopuitslag teen Velddrif van 24-24 op 1 Augustus, wat hul kanse belemmer het. Die Albatrosse kan egter tevrede voel met hul vertonings in 2026. As troos is hulle die enigste span wat kan sê hulle het die verdedigende kampioen, Saldanhabaai, twee keer geklop.

Ander uitslae:

Langebaan 29-40 Piketberg

Paternoster 12-30 Hopefield,

Steenbergs Cove 10-22 Young Hearts

Velddrif 94-19 Goedverwacht

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 3 September 2026
    Weslander E-Edition – 3 September 2026

Gift this article