Bedrogsaak van vermeende sosialemediabedrieër tot November uitgestel

Die vermeende swendelaar Billy Lightfoot.

Bedrogsaak van vermeende sosialemediabedrieër tot November uitgestel


Die hofsaak teen die berugte vermeende sosialemediabedrieër, Billy Lightfoot, is tot Vrydag 20 November vir verhoor uitgestel.

Lightfoot het vandag, Vrydag 11 September, weer in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

Hy het die afgelope paar jaar verskeie kere in die hof verskyn op aanklagte van bedrog. Hy word daarvan beskuldig dat hy mense wat landwyd moes verhuis, na bewering onder die name BA Transferals en Country Wide SA (Edms.) Bpk. ingedoen het.

Lightfoot is op 17 Februarie 2025 in die Paarl in hegtenis geneem nadat speurder-adjudant-offisier Hein Schmidlin van die Saldanha-polisie hom opgespoor en in hegtenis geneem het.

Volgens die klagtes het Lightfoot mense na bewering met die trek van meubels en vervoer van goedere om die bos gelei.

Meer as 100 klagtes is volgens die inligting oor die land heen teen hom aangemeld. Dit sluit klagtes in uit Piketberg, Paarl, Somerset-Wes, Bellville, Gordonsbaai, Pinelands, Mitchell’s Plein, Milnerton, Houtbaai, Tafelsig in Kaapstad, Knysna, George, Witbank, Lyttleton in Pretoria, Linden in Johannesburg, Springs, Roodepoort, Honeydew, Kemptonpark, Oudtshoorn, Welkom en Port Alfred.

Nóg klagtes word glo in die Oos- en Noord-Kaap, asook Limpopo, ondersoek.

Verhuurders het glo ook reeds uitsettingsbevele teen Lightfoot verkry.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 September 2026
    Weslander E-Edition – 10 September 2026

Gift this article