LANGEBAAN – Die Weskus-fietsryfederasie het 20 fietse van die brandstofopgaarplek Aquarius MOGS ontvang wat vir fietsryaktiwiteite gebruik gaan word.
Op Saterdag 22 Augustus het die federasie ‘n werksessie by die Weskus-fossielpark aangebied. Altesaam 47 ryers het dit bygewoon.
Die Fossielpark het sy terrein vir die werksessie beskikbaar gestel, waar die ryers in ‘n veilige omgewing kon oefen.
Aquarius MOGS het tydens die werksessie ook aan elke ryer ‘n kospakkie voorsien. Dit het ‘n energiedrankie, vrugte, energiestafie, muffin en pastei bevat.
Die Weskus-fietsryfederasie het Aqua- rius MOGS en die Fossielpark vir hul ondersteuning bedank.




