Die St. Helenabaai Albatrosse het Young Hearts van Pella Saterdag (25 Julie) met 29-15 op Albatrospark in ‘n tweederonde-Weskus- Grootuitdaagbeker-wedstryd geklop.
Rameez Achilles het ‘n driekuns vir die Albatrosse behaal, terwyl Ronaldo Swarts en sy kaptein, Quentin Jordaan (jnr.), ook drieë gedruk het. Dehlin Coenraad het twee drieë verdoel.
Met dié oorwinning verstewig die Albatrosse hul derde plek op die punteleer, terwyl Young Hearts na die vyfde plek teruggesak het.
Die Burg Boys besoek die Grafkelder eerskomende Saterdag terwyl die Albatrosse na Velddrif reis vir ‘n herontmoeting op die Velddrif-sportterrein. Hearts sal wil opmaak vir sy eerste-ronde-nederlaag van hul naelskraapse nederlaag van 24-26 op Albatrospark.
Uitslae vir Saterdag 25 Julie:
St. Helenabaai 29-15 Young Hearts; Vredenburg 33-24 Paternoster; Saldanhabaai 49-15 Langebaan- Piketberg 12-18 Goedverwacht; Velddrif 61-32 Steenberg Cove en Hopefield 23-22 Saldanha Tigers
Saterdag 1 Augustus: Paternoster t. Saldanha; Young Hearts t. Vredenburg; Velddrif t. St Helenabaai; Steenberg Cove t. Langebaan; Goedverwacht t. Hopefield en Saldanha Tigers t. Piketberg




