Die jeug het ‘n aand van Praise and Worship geniet.

Saldanha-NG-kerk vier 60 jaar


Die NG Kerk Saldanha-gemeente het onlangs sy 60ste bestaansjaar met ‘n feesweek vol musiek, aanbidding, gemeenskap en dankbaarheid gevier.

Volgens organiseerders was die vieringe ‘n besonderse mylpaal wat God se trou oor ses dekades heen beklemtoon het.

Die feesweek het elke dag hoogtepunte gebied. Die Dag van Musiek het ‘n gesellige atmosfeer geskep waar lidmate hul talente ten toon gestel het en besoekers deur die dag musiekuitvoerings kon geniet. Verlede Vrydagaand se Praise and Worship-byeenkoms het sowat 200 hoërskoolleerders, hul ouers en ander belangstellendes gelok wat saam die Here geloof en geprys het.

Die hoogtepunt van die vieringe was Sondag se feestelikhede.

Vir die gemeente beteken die 60-jaar-mylpaal ‘n getuienis van God se trou en leiding deur die jare.

“Ons vier nie net 60 jaar van geskiedenis nie, maar ook God se genade en leiding wat ons tot hier gebring het. Dit herinner ons daaraan dat NG Kerk Saldanha ‘n lewende gemeente is wat steeds groei, dien en ‘n verskil in die gemeenskap maak,” sê die organiseerders.

Elna Slabber en ds Kotzé Olivier by die boomplant seremonie

Elna Slabber en ds Kotzé Olivier by die boomplant seremonie

“Ons hoop mense het opnuut beleef dat daar krag is in saamwees en in ‘n geloofsgemeenskap wat mekaar dra. Bo alles hoop ons dat mense iets ervaar het van wie ons as gemeente wil wees: ‘n hawe van heil, ‘n plek waar elkeen welkom is, geloof versterk word en mense God se liefde op ‘n tasbare manier beleef.”

Organiseerders Tertia van Rensburg, Liesel Geldenhuys, Erna du Plessis en Sanet Verster.
Organiseerders Tertia van Rensburg, Liesel Geldenhuys, Erna du Plessis en Sanet Verster.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 July 2026
    Weslander E-Edition – 30 July 2026

Gift this article